
VERRIGTINGE VAN DIE WES-KAAPSE PROVINSIALE PARLEMENT


Die Huis kom om 14:15 byeen.

Die Speaker neem die Stoel in en lees die Gebed.

*Die SPEAKER: Orde! Ek moes gister nog onder die indruk verkeer het dat dit die Opening van die Provinsiale Parlement was en het nie om kennisgewings van voorstelle gevra nie. Dit was my fout. Hoewel daar nooit so 'n item op die Ordelys is nie, is dit net by die Opening van die Parlement dat die Speaker hoegenaamd nie daarna verwys nie.

WERKSAAMHEDE VAN HUIS

(Voorstel)

Mnr R J KING: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die sittingsure op Vrydag, 9 Februarie 2001, soos volg is: 08:00 tot verdaging.

Goedgekeur.

INVOER VAN GOEDKOPER MEDISYNE

(Voorstel)

*Mnr P M JACOBS: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis daarvan kennis neem dat-

(1) die maatskappy Cipla generiese teen-retrovirale medisyne teen R400 verskaf vergeleke met die maksimum prys van R5 000 per maand deur multi-nasionale farmaseutiese maatskappye;

(2) di multi-nasionale maatskappye alles moontlik probeer het om Cipla te verhoed om goedkoper medisyne in Afrika te verskaf; en

(3) die nasionale Regering aan die spits staan van pogings om parallelle invoering van goedkoper medisyne vir MIV/Vigs en ander siektes te bewerkstellig;

en derhalwe 'n beroep op die NNP/DP-koalisie doen om-

(a) hul ondersteuning van multi-nasionale farmaseutiese maatskappye te beindig wat die invoer van goedkoper generiese medisyne belemmer;

(b) op te hou om agter konsepte soos markkragte en intellektuele eiendom te skuil, in die lig van 'n groeiende MIV/Vigs-epidemie; en

(c) die nasionale Regering te ondersteun in sy pogings om goedkoper medisyne te verskaf.

*Die SPEAKER: Orde! Is daar enige beswaar daarteen dat die voorstel sonder kennisgewing voorgestel word? [Besware.] Daar is besware daarteen, en daarom sal dit op die Ordelys geplaas word vir moontlike bespreking by 'n later geleentheid.

KLEIN KAROO NASIONALE KUNSTEFEES

(Voorstel)

Mnr J P GELDERBLOM: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis namens die inwoners van die Klein Karoo, sy dank teenoor die Provinsiale Regering uitspreek vir die borg van die Voorbrandfees tydens die Klein Karoo Nasionale Kunstefees, en verder die direksie en organiseerders van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees sukses en voorspoed toewens met die relings van die Kunstefees.

Goedgekeur.

SITUASIE BY SKOLE

(Voorstel)

*Mnr P C MCKENZIE: Mnr die Speaker, ek wil graag hierdie voorstel voorstel, met klem op die woord "Dat", wat ek hierdie keer ingesluit het. Ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat, as gevolg van die onlangse noodlottige skietery wat in Bonteheuwel plaasgevind het en daartoe gelei het dat skole vir die afgelope twee dae gesluit is, die Huis 'n beroep op die Minister van Gemeenskapsveiligheid doen om dringend versterkings te stuur om die situasie te stabiliseer, en verder 'n beroep op die Minister van Onderwys doen om die nodige stappe te doen om die situasie by die skole te normaliseer.

Goedgekeur.

*Die SPEAKER: Orde! Dit wys dat as 'n mens 'n voorstel reg begin, 'n mens ver kan gaan.

ONTWIKKELING VAN SPORT

(Voorstel)

*Mnr E ISAACS: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis die Minister van Vervoer, Sport en Ontspanning en die Departement van Sport en Ontspanning bedank vir die toewysing van R1 332 900 aan 19 munisipaliteite vir die ontwikkeling van sport in die provinsie.

Goedgekeur.

HUURTRIBUNAAL

(Voorstel)

*Mnr C M DUGMORE: Mnr die Speaker, ek wil ook graag h dat u moet kennis neem dat ek ook die voorstel op die korrekte wyse gaan voorstel en dat daar dus geen teenstand daarteen behoort te wees nie. Ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis, terwyl hy daarvan kennis neem dat die Minister van Behuising nog nie die Huurtribunaal, soos waarvoor in die Wet op Huurbehuising voorsiening gemaak word, ingestel het nie, 'n beroep op die Staande Komitee oor Owerheidsake en Gemeenskapsveiligheid doen om 'n vergadering te bel om die aangeleentheid te bespreek, en verder 'n beroep op die Minister doen om te verduidelik waarom dit nie plaasgevind het nie.

Goedgekeur.

OPENINGSREDE VAN PREMIER

(Debat hervat)

*Me K A MQULWANA: Mnr die Speaker, ek wil by die Huis aansluit deur die agb Premier met sy 60ste verjaardag geluk te wens en hom nog baie jare toe te wens. Mandize kumalungu ale Ndlu nawo ndiwanqwenelele unyaka omtsha ozele ngamathamsanqa. [Laat my ook agb lede van die Huis 'n gelukkige en voorspoedige nuwe jaar toewens.]

Mnr die Speaker, ek neem vandag aan die debat deel om 'n paar fundamentele kwessies te opper ten einde 'n beter lewe vir al die mense van die provinsie te skep. Die ANC is die enigste organisasie wat aan 'n ware nie-rassige en nie-seksistiese demokratiese Suid-Afrika glo. [Tussenwerpsels.] Ons het ons posisie so vroeg soos 1955, in die Freedom Charter, uiteengesit waar ons ges het dat Suid-Afrika aan almal behoort wat hier woon - swart en wit.

Dit is nie waar dat die ANC die rassekaart speel nie. Ons glo dat dit ons verantwoordelikheid is om die gemeenskap op te bou wat deur apartheid vernietig is. Dit is ons grondwetlike verpligting om te verseker dat elke burger beskerm word. Ek sal nooit stilbly wanneer mense in hierdie provinsie geslaan en mishandel word nie, en ander op grond van hul rasse-agtergrond gedood word nie.

In 'n onlangse insident in die Paarl is Rosie Manus en Joseph Willie deur 'n boer op die plaas Groot Simonsvlei geslaan toe hul motor onklaar geraak het. Die saak is met die Klapmuts Polisiestasie. Ek sal nooit stilbly nie.

Mnr die Speaker, een van die sleuteldoelwitte van ons organisasie is om korrupsie te beveg. Dit is nie waar dat die ANC korrupsie wegsteek nie. [Tussenwerpsels.] Dit is waarom ons instellings soos die Openbare Beskermer ingestel het om korrupsie te beveg. Ons beveg korrupsie tot by sy oorsprong.

'n Ander fundamentele kwessie wat ek vandag wil opper, is die kwessie van armoede. Indlala ndiyayazi. [Ek ken armoede.] Sommige agb lede in die Huis het slegs van armoede gelees; ek ken armoede. Die mense van Manenberg, Guguletu, The Crags in Plettenbergbaai en Karatara weet wat armoede is. Die DA moet nie partypolitiek oor hierdie kwessie speel nie. Waar is die werkgeleenthede vir almal?

Mnr die Speaker, 'n sekere agb lid in die Huis het ges, "Ek is die Premier van al(mal) ..." [Tussenwerpsels.] Hy het ges dat hy die Premier van almal in die provinsie was. Dink agb lede werklik dat mense van Manenberg en Guguletu met daardie stelling sal saamstem? Dit is beslis nie die geval nie. Hoegenaamd nie. [Tussenwerpsels.] Mense in Guguletu moet in lang toue by hul hospitaal staan. Trouens, hulle moet van 04:00 in die oggend daar wees ten einde die dokter te kan sien. Wanneer ek hieraan dink, kan ek beslis nie saamstem dat die agb Premier die Premier van almal is nie. In sommige gevalle moet mense terugkeer huis toe sonder dat hulle die nodige mediese aandag gekry het. Hulle gaan huis toe sonder om hul medisyne te ontvang as gevolg van die tekort aan medisyne. Dink agb lede werklik dat die agb Premier die Premier van al die kiesers in die provinsie is, soos hy beweer hy is? My gevolgtrekking is dat hy nie vir daardie mense omgee nie.

Die agb Premier het ges dat hierdie provinsie die beste provinsie is. Kan dit waar wees wanneer skole die slagvelde van bendelede is? Almal weet dat leerlinge in Manenberg moet koes en wegduik om seker te maak dat hulle hul lewens red ten einde hul toekoms te verseker. Is dit die beste provinsie?

Onlangs is 'n onderwyser, mnr Mtshemla, by Mandela Horskool, wat in die kiesafdeling van die agb Minister van Onderwys val, soos sy gister aangevoer het, deur 'n student met 'n mes gesteek. Die agb Minister was nie daar nie. Sy gaan net na Crossroads om ontwikkeling stop te sit.

'n Ander kwessie, "Comrade Chair" ... [Gelag.] Mnr die Speaker, dit spyt my. Ek trek daardie stelling terug. 'n Ander kwessie ... [Tussenwerpsels.]

Die SPEAKER: Orde! Orde!

Me K A MQULWANA: Mnr die Speaker, 'n ander kwessie wat ek onder die aandag van die agb Premier wil bring, is die feit dat ...

*Mnr Y GABRU: Mnr die Speaker, op 'n punt van orde: ek wil die spreker daaraan herinner dat ek nog nie in die Stoel is nie.

*Die SPEAKER: Orde! Die agb lid me Mqulwana mag voortgaan.

*Me K A MQULWANA: Mnr die Speaker, die agb Premier moet die agb Minister van Onderwys na Luxolo Primre Skool vergesel om die swak toestande te sien wat daardie mense daagliks ervaar. Hy moet na Eersterivier en na die Kraaifontein Hospitaal gaan, waar die oumense wat aan suikersiekte en ho bloeddruk ly in lang toue moet staan. Is dit werklik die beste provinsie, soos hy aanvoer?

In dieselfde provinsie wat die agb Premier s die beste is, was daar onlangs insidente in verskeie gebiede waar kinders gedood is. Ek wil hom daaraan herinner dat Valencia Campher in hierdie provinsie gedood is.

AGB LEDE: Farmer.
Me K A MQULWANA: Farmer. Zintle Tsotsetsi is in hierdie provinsie gedood. Ek lei af dat die agb Premier nie die mense in daardie kiesafdelings as belangrik genoeg beskou om na om te sien nie.

Mnr die Speaker, 'n ander kwessie is dat die agb Premier nie melding gemaak het van die jeug, vroue of die gestremdes in die provinsie nie.

Hy het ook nie fundamentele kwessies met betrekking tot kultuur genoem nie. Die adjunkleier van die DA het onlangs begraafplase besoek. Dit was 'n simboliese gebaar, ten einde publisiteit te verkry. Indien hulle meer van ons kultuur wil weet, moet hulle kom sit en drink met ons. [Tussenwerpsels.] Ubani akayi emadlakeni, ebantwini abaleleyo, engakhange adibane neentsapho zabo kuqala kuba ejonge inzuzo yezopolitiko. ['n Mens gaan nie net na die begraafplaas, na die mense wat ewig slaap, sonder om eers hul families te raadpleeg nie, net omdat jy politieke gewin daaruit wil maak nie.] Hulle moet dit nie doen nie.

Sikholelwa kwizinyanya, nelungu elihloniphekileyo uMnu Hoza lingayingqina loo nto. Abantu abalele ukufa ngabantu esibaxabise kakhulu. Ubani akavele aqokelele iintatheli zamaphephandaba aye nazo emangcwabeni ngeenjongo zokufumana amanqaku ezopolitiko, abuye akhwaze ngoxolelwaniso. Ubani uya emzini aze adibane namathile. Ilungu elihloniphekileyo uMnu Hoza angandingqinela kuba uyayazi le nto ndithetha ngayo. Uthi ke ngoko ahambe namathile lawo aye edlakeni elo aye kubeka ilitye, hayi ukuba avele avunguze ahambe neentatheli zamaphephandaba kuba ejonge inzuzo yezopolitiko.

(Vertaling van isiXhosa-paragraaf volg.)

[Ons glo in die voorvaders, en die agb lid mnr Hoza kan dit beaam. Ons vereer die mense wat ewig slaap. 'n Mens organiseer nie net die pers en neem hulle na die begraafplaas met die doel om politieke gewin te maak en gaan skreeu dan rond oor versoening nie. 'n Mens gaan na 'n huishouding en raadpleeg met die mense van daardie huishouding. Die agb lid mnr Hoza kan dit beaam, want hy weet waarvan ek praat. Daarna gaan 'n mens saam met die lede van daardie huishouding na die betrokke graf en l 'n krans, en neem nie net die pers saam en gaan daarheen met die doel om politieke gewin te maak nie.]

As hulle oor ons kultuur wil leer, moet hulle na ons toe kom. Ons sal hulle leer. Ongelukkig doen die agb lid mnr Hoza nie wat hy veronderstel is om te doen nie. Amangcwaba abantu abadala siwahloniphile kwaye izinyanya sisakholelwa kuzo. Nantso ke into ebendifuna ukuyigxininisa. [Ons vereer die grafte van ons voorvaders en ons glo steeds in ons voorvaders. Dit is die punt wat ek wou beklemtoon.] Kultuur is belangrik om ons in staat te stel om mekaar te verstaan, en ons moet seker maak dat ons mekaar wel verstaan. Ons moet ons verskillende agtergronde en kultuur, die manier waarop ons dinge doen, verstaan. Dit moet nie vir politieke gewin wees nie. Kultuur is belangriker as dit. Ek is nie verbaas dat die agb Premier niks oor kultuur ges het nie. Hy moet nog deur almal van ons in die provinsie, ongeag ons agtergrond, ingehuldig word.

*Mnr M LOUIS: Mnr die Speaker, ek volg graag die agb lid me Mqulwana. Haar verwysings na kinders en bejaardes is kritieke kwessies waarna ons in die Provinsie moet kyk.

Mnr die Speaker, ek wil graag die agb Premier gelukwens met wat ek glo 'n baie konstruktiewe Openingsrede was. Dit het die atmosfeer vir goeie lewering geskep. Ons van die ACDP wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om die agb Premier en al die agb Ministers te bedank vir die daarstelling van goeie beginsels en die skepping van die stemming vir die jaar 2001.

So dikwels gee 'n mens die agb Ministers krediet, maar baie min krediet gaan aan die departemente wat die werkers agter die skerms is van wat in die ministerile kantore gebeur. Ek wil van die geleentheid gebruik maak om die Direkteur-generaal en al die Direkteure in die departemente te bedank vir die stelling van 'n baie ho standaard. Ons is trots om te sien dat departemente in die Provinsie gestruktureerd en georden is.

Mnr die Speaker, om dieselfde rede wil ek al die OVK-beamptes en opvoeders bedank wat by die plaaslike owerheidsverkiesing betrokke was. Ek wil ook van die geleentheid gebruik maak om ons kiesers en lede in die Provinsie te bedank vir hul harde werk deur sulke baie goed gestabiliseerde verkiesingsuitslae te behaal.

In die laaste plek wil ek graag die agb Minister van Maatskaplike Dienste en Armoedebestryding - ek sien hom nie hier nie - met sy nooienstoespraak gelukwens. Hy het oor 'n baie goeie oopdeur-beleid gepraat, maar ons wil hom graag aanmoedig om nie net 'n oop deur te h nie, maar ook 'n oop gemoed met betrekking tot baie kwessies.

Dit is die agste jaar waarin baie van ons deel van die regering is. Bybelsgesproke beteken die syfer 7 dat 'n seisoen verby is en die syfer 8 simboliseer 'n nuwe begin. Ek weet nie of ek die atmosfeer in die Huis verkeerd vertolk nie, maar dit lyk of daar die een of ander vorm van verandering aan die kom is. Beide die agb Premier en die agb Leier van die Opposisie het gepraat oor die soeke na gesamentlike doelwitte en groter visies tot voordeel van almal.

Die agb lid me Mqulwana het gepraat oor die feit dat die Provinsie steeds verdeel is. Ons in die ACDP het geen twyfel nie dat die grootste uitdaging van hierdie Regering is om die Provinsie op 'n lewensvatbare wyse te verenig. Ons sal moet werk aan ons verhouding met die Unistad en meer samewerkende regering in alle sfere van regering.

Voordat ek kom by wat ek werklik vandag wil behandel, laat my as 'n inleiding s dat die agb Premier baie kritieke kwessies behandel het, maar ek wil net twee noem. Ons wil die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid gelukwens met die visie van 1 000 munisipale polisiebeamptes in verskeie gebiede. Dit is edel en baie noodsaaklik. Ons is ook dankbaar vir die Kantoor wat ons by die Europese Unie tot stand bring. Soos agb lede miskien bewus is, is 95% van alle belegging in die Wes-Kaap van die EU afkomstig, met die Verenigde Koninkryk - boaan met R950 miljoen net vir verlede jaar - en Duitsland as die grootste beleggers. Dit is byna R1 miljard in een jaar vanuit die Verenigde Koninkryk. Ek dink dit is 'n baie verdienstelike saak.

Mnr die Speaker, ek wil graag my toespraak in hierdie debat op drie kritieke kwessies toespits. In die eerste plek wil ek verwys na wat die agb Premier in sy Openingsrede ges het, en ek haal aan:

Ek is die Premier van al die mense van die Wes-Kaap.

Regerings kan nie die areas van verantwoordelikheid wat hulle wil aanvaar, kies en keur en die res ignoreer nie. Die Regering van die Wes-Kaap moet en kom wel sy verpligtinge na ten opsigte van elke terrein wat die Grondwet van ons vereis om te doen.

Ek wil aan die agb Premier s - ek hoop dat hy luister - dat hoewel ons werklik glo dat sy bedoelings edel is, dade harder as woorde spreek. Indien dit sy opregte wens is om hierdie Provinsie te verenig en aan die eise van die Grondwet te voldoen, wil ons as die ACDP weet waarom ons van die Unistad uitgesluit is.

Oor die afgelope agt jaar het die ACDP net gepoog om 'n konstruktiewe rol in hierdie Provinsie te speel en om waarde daaraan toe te voeg. Nogtans is ons teleurgesteld om te verneem dat daar aan ons deur die DA oorgedra is dat hulle die ACDP wil straf. Die rede hiervoor is skynbaar dat ons nie die DA oor sekere kwessies op nasionale vlak gesteun het nie. Dit is vir ons moeilik om te begryp hoe ons, aan die een kant, van samewerkende regering kan praat en moet werk aan eendrag, en aan die ander kant oor straf kan praat. Dit klink nie reg nie. Beteken dit dat as 'n mens nie iemand steun nie, daardie persoon 'n mens moet straf? Ons stem nie as 'n beginsel daarmee saam nie.

Ek wil nou verwys na die kwessie van die Unistad-kommissie. Artikel 160(8) van die Grondwet en artikel 43 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Strukture stel baie duidelik die regsvereiste dat 'n munisipale raad grootliks in dieselfde verhouding verteenwoordig moet wees as wat hulle in die raad verteenwoordig word. Dit is 'n vaste verantwoordelikheid. Die agb Premier s dat ons rol as Regering is om verantwoordelik te wees en dat ons aan die vereistes van die Grondwet moet voldoen.

Ongelukkig het die uitsluiting van die ACDP aanleiding gegee tot die feit dat ons 'n voorstel in die Unistad-kommissie sal voorstel waarin ons vra vir die nietigverklaring van die verkiesing van die Uitvoerende Bestuur. Ons glo vas dat die besluit van die Uitvoerende Bestuur onverantwoordelik was, dit die belastingbetalers 'n klomp geld gaan kos en dat dit die risiko kan skep dat elke besluit wat ab initio deur die Uitvoerende Bestuur geneem gaan word as ultra vires beskou sal word.

Mnr die Speaker, die Suid-Afrikaanse publiek is gereed vir politieke leiers wat gemeenskapsleiers is en nie polariseerders nie, amptenare wat die praktyk toepas om uiteenlopende mense bymekaar te bring vir projekte van algemene belang, in plaas van magsbeheptes wat slegs diegene verteenwoordig wat die meeste invloed het. Dit ly geen twyfel nie dat om gemeenskaplike terrein te skep en werkbare oplossings vir hardnekkige probleme te vind baie moeiliker werk is as eindelose ideologiese aanstellery en partydige aanvalle.

Die tweede aangeleentheid wat ek wil behandel, is die ontwikkelings binne die gebied van die provinsie. Baie agb lede het verwys na waar die ontwikkelings plaasvind. Dit ly geen twyfel nie dat ons uiters trots is op die ontwikkelings wat in hierdie deel van die wreld plaasgevind het.

Mnr die Speaker, dit is nie deel van my toespraak nie, maar ek wil vandag iets deel wat my na aan die hart is. Baie agb lede van die ANC het gepraat oor diegene wat het en diegene wat nie het nie. Ons as die ACDP stem saam dat ons die gaping tussen diegene wat het en diegene wat nie het nie moet vernou en oorbrug. Dit het egter omtrent tyd geword dat die leiers in ons land opstaan en ons kinders aanmoedig om pioniers en entrepreneurs te wees en om hulle te leer dat dit in werklikheid nie sleg is om te s dat dit goed is om ryk te wees nie. Dit is nie die Regering wat werkgeleenthede moet skep nie. Dit is die entrepreneurs wat die werkgeleenthede moet skep. As ons nie met hulle gaan praat en entrepreneurs en pioniers gaan aanmoedig om in hierdie provinsie te ontwikkel nie, gaan ons nie daardie werkgeleenthede h nie.

Ons moet ophou om te doen wat polities korrek is soos om verhoudings aan te knoop met Gadaffi en Arafat wat sosialiste is, of met Nederland. Ons moet begin om mense soos Ted Turner en Bill Gates, entrepreneurs wat hul vaardighede na hierdie land kan bring, uit te nooi en om mense oor besigheidsvaardighede op te voed. Hulle is die ware skeppers van welvaart. Ons moet nie net doen wat polities korrek is nie.

*Mnr M OZINSKY: Hulle was hier. [Tussenwerpsels.]

*Mnr M LOUIS: Hulle was albei hier, maar ons moet hulle meer aanmoedig. [Tussenwerpsels.] Nee, ons moet meer mense soos daardie aanmoedig om na die provinsie te kom.

Mnr die Speaker, wanneer dit by ontwikkeling kom, het ek geluister na wat die agb Minister van Finansies, Besigheidsbevordering en Toerisme ges het met betrekking tot die voorreg wat die Provinsie gaan h om vanjaar R100 miljoen aan inkomste van casino's te maak. Dit is een ding om oor ontwikkeling te praat, maar teen watter prys? Dink agb lede dat ons as 'n Provinsie trots daarop kan wees om R1,4 miljard aan casino's te bestee en 12 500 werkgeleenthede te skep, terwyl dit ons ons gesinne kos?

Net onlangs, omtrent twee maande gelede, is ek by 'n skemerparty deur een van die raadslede van Goodwood genader. Ek het hom gegroet en hy het ges, "Eintlik wil ek jou nie groet nie." Ek het hom gevra waarom hy my nie wil groet nie en hy het ges, "Omdat jy 'n ontwikkeling in Goodwood goedgekeur het." Die Speaker is bewus van die winkelsentrum wat ek in Goodwood goedgekeur het. Hy het ges dat daar honderde mense was wat ontsteld was met my omdat ek die winkelsentrum in Goodwood goedgekeur het. In my hart het ek by myself gedink, hy is ontsteld met my omdat ek 'n winkelsentrum in Goodwood goedgekeur het, maar wat van die goedkeuring deur die DA van 'n casino van R1,4 miljard wat kinders vir geslagte lank beroof, ... [Tussenwerpsels.] ... van die armes steel, dwelmbase en prostitute inbring, en chaos veroorsaak? Daar is geen balans nie. Ons moet weet dat op hierdie einste oomblik daar motors by die casino geparkeer is waarin kinders toegesluit is.

Ek het die jongste syfers oor dwelms in die gebied. Die agb Premier het nie na maatskaplike kwessies verwys nie, maar luister na hierdie syfers. Ek s altyd dat ek nie die grade in skole verstaan nie, maar in die Suid-Skiereiland word weekliks R22 miljoen deur Graad 11s aan dwelms, alkohol en sigarette bestee! R5,7 miljoen word aan sigarette, R14 miljoen aan drank en R1,2 miljoen aan dagga bestee. Dit is skrikwekkend.

As agb lede die jongste Financial Mail gelees het, sou hulle stom geslaan gewees het deur die gevolge van dobbelary net in hierdie land. R9,5 miljard, of 0,5%, is uit die vloeibaarheid van die ekonomiese mark gehaal. Toe hulle 'n analise gedoen het - en agb lede weet dat casino's nog net een jaar lank in hierdie land gevestig is - het hulle gekyk na die syfers met betrekking tot gewoontedobbelaars. In die Verenigde State is gewoontedobbelaars 1,7% tot 2,3% van die bevolking, Australi het 2% en Suid-Afrika is reeds tussen 3% en 10%.

Kom ons kyk na wat binne een jaar in die Wes-Kaap gebeur het. Die analise is deur die Wes-Kaapse Dobbelraad gedoen. Kyk na hoe mense in die Wes-Kaap hul geld bestee: 40,9% aan uiteet, 34,4% aan dobbel, 19,5% aan fliek en 12,9% aan sport.

Mnr die Speaker, dobbelary is vals goud - dit beroof die armes. Dit beroof nie die rykes nie. [Tyd verstreke.]

*Mnr G R STRACHAN: Mnr die Speaker, in die onlangse plaaslike owerheidsverkiesings het die ANC 72% van die stemme landwyd verower, en 86% van plaaslike owerheidsrade landwyd word deur die ANC beheer. [Tussenwerpsels.] In die Vrystaat, Noord-Wes, Mpumalanga en die Noordelike Provinsie beheer ons meer as 90%. [Tussenwerpsels.] In Gauteng beheer ons 97% van plaaslike regering. [Tussenwerpsels.] Dit is die tuimelende vertroue en geloof waarvan die agb Premier praat. Dit is wensdenkery wat tot nuwe hoogtes gevoer word.

Drie belangrike kategorie van uitbuiting en verdrukking het maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling en redevoering oor die eeue heen gekenmerk. Hierdie kategorie inspireer politieke debat selfs in 'n ekonomies-gevorderde land soos die VSA. Soos ons weet, is daardie drie belangrike kategorie ras, klas en geslag.

Terloops, geslag is 'n portefeulje, soos my kollega ges het, wat onder die agb Premier val. Dit word egter nie in sy toespraak genoem nie. Ons verwys nie na die woord "geslag" nie. Ons verwys na die onontkombare feit van die verdrukking en uitbuiting van vroue - 'n sentrale program van transformasie sedert die ineenstorting van apartheid, en dit word nie eens genoem nie. Die Provinsiale Regering verteenwoordig die belange van vroue, die gestremdes en kinders, maar reik nie 'n verklaring oor hulle uit nie. Daar is geen beleid oor geslag nie, geen program daaroor nie en 'n eindelose oorrol van fondse vir daardie kategorie. Dit is die woorde van 'n magtige man wat namens die onmagtiges praat, maar niks daaroor s nie. En dit word gerugsteun deur die onsmaaklike grappies oor vroue van die agb Minister van Finansies, Besigheidsbevordering en Toerisme.

Die tweede, ras, is slegs genoem by wyse van die misleidende beroep om 'n redevoering oor ras te staak. Hierdie aangeleentheid gaan nie net oor die onregverdighede van die verlede waarvan ons almal weet nie. Dit gaan oor die feit dat terwyl ons praat, terwyl die agb Premier praat, daar mense in hierdie provinsie is wie se aspirasies ons nie bevorder nie. Daar is swartmense wat uitgesluit word. Wat van die Uitvoerverwerkingsentrum en sy vennootskap met die Kaapse Sakekamer? Is dit 'n vennootskap tot voordeel van slegs di entrepreneurs wie se inisiatiewe en bydraes tot die ekonomie altyd gesteun is? Word dit deur swart sakelui gesteun? Word dit deur Fabcos en Nafcoc gesteun? Tot ons almal se spyt is dit 'n luide "Nee!"

Mnr die Speaker, die situasie is egter baie slegter as dit. Ek is 'n bevoorregte wit burger van Nuweland. Wanneer 'n klein groep rassiste in Nuweland en Claremont, gelei deur raadslid Ian Iversen, s dat hulle nie sokker in Claremont en Nuweland wil h nie, is ek woedend.

Die Westelike Provinsie Krieketklub, en hulle moet gelukgewens word, het 'n ooreenkoms met 'n sokkerklub onderteken om te verseker dat hulle daardie geriewe kan gebruik. Dit getuig van die beskikbaarstelling van geriewe aan voorheen benadeelde gemeenskappe. Dit getuig van die uitbouing van nie-rassige eenheid en die verskaffing van geriewe. Dit getuig van uitreiking oor die grense van verdeling heen, rasse en ekonomies. Dit getuig teen polarisasie.

Teen die agtergrond van twee insidentvrye sokkerwedstryde, waarvan een deur meer as 25 000 toeskouers insidentvry bygewoon is, s 'n klein groep rassiste gelei deur 'n DA-raadslid dat hulle die speel van rugby en krieket daar goedkeur - lees "oorwegend wit toeskouers". Hulle is egter teen sokker gekant - lees "oorweldigend swart toeskouers" - met ander woorde, dat sokker by Nuweland gespeel word. As dit nie rassisme is nie, mnr die Speaker, s my asseblief wat dit is. As dit nie is om verdeeldheid te skep waar eenheid geskep kan word nie, s vir my wat dit is.

Die ANC sal inligtingstafels en 'n petisie in Claremont en Nuweland beskikbaar stel om 'n beroep te doen en te skakel met die groot getalle mense in daardie gemeenskappe wat wil uitreik, wat bre wil bou, wat nie-rassisme wil uitbou, wat bang is vir die gevaar dat die DA die probleem van rassisme, die probleem van verdeling, met 'n towerstokkie wil uitwis. Rassisme moet bespreek en aangespreek word in woorde en dade wat eenheid uitbou, nie verkiesingslagspreuke wat verdeel nie.

Terwyl Ian Iversen die vrugte van apartheid geniet het, was daar baie swartes en 'n paar wittes wat met hul lewens in die stryd teen apartheid betaal het. Ons aan hierdie kant van die Huis sal hul nagedagtenis eer deur te verseker dat die kwessie van rassisme na vore gebring word en die stryd teen rassisme voortgaan totdat ons hierdie land verlos het van hierdie aaklige siekte wat weerspiel word in die gekheid van die teenstand teen die speel van sokker by Nuweland.

Die agb Premier en talle ander sprekers kraak die nasionale Regering af. Niks positiefs word genoem nie. Ons makro-ekonomiese strategie, die geweldige prestasies met betrekking tot internasionale handelsonderhandelings wat, terloops, 'n massiewe positiewe uitwerking op die Wes-Kaap gehad het, die veldtog teen die beter invordering van belasting en teen korrupsie en baie ander word nie eens genoem nie. Ons moet daarteen waak om nie in hierdie provinsie in daardie gevaarlike slaggat te trap nie.

Ons wens die Departement van Ekonomiese Sake geluk met hul prestasies, sommige waarvan melding gemaak is. Ons steun die Waagkapitaalfonds, die Uitvoerbevorderingsinisiatief, met die voorbehoude wat ek uitgespreek het, die steun vir klein en medium ondernemings en die feit dat die Departement van Ekonomiese Sake Groenskrifte die lig laat sien het, wat baie kwessies bevat wat ons geopper het, vir Toerisme en Ekonomiese Ontwikkeling. Ons steun die wyse waarop hulle met die nasionale Regering saamwerk.

Daar is egter twee kwessies wat behandel moet word wat binne die laaste kategorie val waarmee ek my toespraak begin het, klasse-ongelykhede. Daar het ons sterk verskille. Ons weet - dit is deur die agb Leier van die Opposisie genoem - dat klasse-ongelykhede onder meer deur 'n Gini-koffisint gemeet word en dat Suid-Afrika om die eerste plek op die aardbol meeding, en die Wes-Kaap beklee die eerste plek in Suid-Afrika.

Baie van wat in hierdie Provinsie deur die DA gedoen word, sal daardie ongelykhede groter maak. Ons het byvoorbeeld geen beleidsraamwerk vir die verligting van armoede nie. Indien daar een is, sal hulle dit asseblief vir ons wys? Ons sou dit graag wou lees. Ons het geen program wat voortvloei uit 'n beleidsraamwerk vir die verligting van armoede nie en die oorrol van fondse vir die verligting van armoede waarvan ons gister gepraat het, het eentonig geword.

Ons het nie net geen beleidsraamwerk nie, maar ons het getuienis oopgevlek van 'n eenmalige betaling van R400 in Augustus 2000 - help my reg as ek verkeerd is. [Tussenwerpsels.] Nee, dit is die ander een. [Tussenwerpsels.] Daar is twee. Daar is Leeu-Gamka in die Suid-Kaap. Daar is twee boere en 'n eenmalige betaling. Daar is geen volgehoue ontwikkeling vir plaaswerkers nie.

*Die MINISTER VAN LANDBOU, EIENDOMSBESTUUR EN WERKE: Aan plaaswerkers?

*Mnr G R STRACHAN: Ja.

Daar is geen volgehoue ontwikkeling nie. Watter infrastruktuur bou dit uit? Om die waarheid te s, dit sweem na begunstiging. Dit sweem na begunstiging en na die neem van 'n fonds vir die verligting van armoede en die plasing daarvan in die Kantoor van die Premier sodat hulle begunstiging kan lewer, maar hulle lewer nie volgehoue aanvalle op die verligting van armoede, en teikens en strategie om dit te doen nie. Dit sweem na omkoopgeld. [Tyd verstreke.]

*Die MINISTER VAN FINANSIES, BESIGHEIDSBEVORDERING EN TOERISME: Mnr die Speaker, ek is verheug om deel te neem aan die debat oor die Openingsrede van die agb Premier. Voordat ek begin praat, wil ek graag aankondig dat die agb Premier my gevra het om aan die Huis te s dat hy om verskoning vra omdat hy nie teenwoordig is nie. Hy is siek in die bed en hy hoop hy sal in staat wees om mre hier te wees. Ek dink dit moet aangeteken word dat hy nie beskikbaar is nie en siek tuis is.

Mnr die Speaker, dit is nie my funksie om repliek op hierdie debat te lewer nie. Voordat ek egter begin praat - en ek wil dit dadelik na die toespraak van die agb lid mnr Strachan s - wil ek onomwonde s dat hierdie kant van die Huis enige vorm van rassisme veroordeel. Ek wil dit herhaal - hierdie kant van die Huis veroordeel enige vorm van rassisme. Ek is egter nie van plan om betrokke te raak by repliek op die debat nie omdat dit nie my funksie is nie.

Ek glo dit is ook vir my nodig om iets te s oor die opmerkings wat deur die agb lid mnr Louis oor casino's gemaak is. Dit lyk of hy al die blaam op die DA plaas vir die prostitute wat daar aankom, dwelms en wat ook al hy s met casino's verband hou. Ek het ook sekere bekommernisse oor casino's en hulle moet baie deeglik in hierdie provinsie dopgehou word.

As ons die punt van die agb lid mnr Louis neem dat die DA verantwoordelik is vir casino's in die provinsie en wat verkeerd loop, dan moet 'n mens ipso facto omdraai en die ANC in ander provinsies vir die casino's daar blameer. Die wet met betrekking tot dobbelary het van die nasionale Regering gekom. Al wat hierdie provinsie in werklikheid doen, is om sy verpligtinge na te kom. [Tussenwerpsels.] Ek bedank die agb lid vir sy hulp.

Mnr die Speaker, ek sal binne 'n maand die provinsiale Begroting vir die volgende boekjaar indien, en sal dus nie poog om vanmiddag oor aangeleenthede met betrekking tot Finansies te praat nie. Ek wil egter in hierdie stadium vooraf kennisgewing gee dat ek voornemens is om vir die Huis en die mense van hierdie provinsie aan te dui hoe ek van plan is om die aangeleenthede wat in die Openingsrede van die agb Premier geopper is, te hanteer. Ek sal dit doen met spesiale verwysing na die vyf planne wat deur hom uiteengesit is. Ek is voornemens om nou hoofsaaklik my ander portefeuljes van Besigheidsbevordering en Toerisme te behandel.

Die agb Leier van die Opposisie het in sy antwoord op die Openingsrede van die agb Premier ges dat dit nie balans het nie deurdat dit nie die gaping tussen die rykes en die armes vernou het nie. Ek wil aanvoer dat dit louter onsin is. Wanneer ons in aanmerking neem dat sowat 87% van ons hele Begroting aan die Groot Drie bestee word, is dit inderdaad 'n wonderwerk dat hierdie Provinsie die mylpale bereik het wat hy homself in die ekonomiese sektor van die Begroting gestel het.

Mnr die Speaker, die agb Leier van die Opposisie verstaan duidelik nie basiese ekonomiese beginsels wanneer hy die bou van groot ontwikkelings kritiseer waarvan die agb Premier in sy Openingsrede melding gemaak het en wat in gegoede gebiede plaasvind nie. Die werkgeleenthede wat dit skep en die algemene byvoordele en natuurlike mededinging tussen ontwikkelaars is waaroor ekonomiese mededinging in 'n vrye mark gaan.

Ek is bevrees die agb lede aan daardie kant van die Huis het 'n gebrek aan begrip van markkragte. Ons in hierdie provinsie behoort op die nasionale Regering staat te maak om aan ons die nasionale en internasionale selfvertroue en status te gee om beide hierdie provinsie, en in der waarheid hierdie land, te laat vorder om buitelandse belegging en ook toerisme te verbeter. Die Regering gaan egter voort om te struikel en te knoei.

Baie dikwels is dit nie die feite wat tel nie, maar die persepsie wat regeringsleiers skep. Laat ons kyk na die berig op die voorblad van Business Day van 8 Februarie 2001 - "British companies unsettled about South Africa". Dit is nie die DA wat dit s nie. Die berig lui, en ek haal aan:

About 40% of British businesses canvassed in a recent survey by the British Chamber of Business in SA are keeping their options open about leaving SA for personal reasons, whilst 16% have indicated that their businesses could disinvest. 

The business climate survey is conducted every two years to determine the attitudes of British business in South Africa.

Die VK, soos ons weet, is 'n groot bron van buitelandse belegging in Suid-Afrika. Die berig gaan voort, en ek haal aan:

The 2000-01 survey conducted in October and November shows a worsening of perceptions, with particular concern about crime and violence, poor governance ... -

ek herhaal, "poor governance" -

... and corruption.

Ek kan voortgaan, maar ek wil nie die Huis met die besonderhede verveel nie. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, kom ons kyk na die President se witbroodjie en kameraad, Essop Pahad, en sy kritiek teen die media by die onlangse Independent Newspapers se dinee vir 'n groep hoogs invloedryke internasionale meningsvormers. Daar is voorbeelde oral in die wreld dat wanneer regering ...

*Mnr M OZINSKY: Wat het P W Botha gedoen ... [Onhoorbaar.]

*Die MINISTER: Dit is snaaks dat die agb lid mnr Ozinsky P W Botha moet noem. Dit het tot P W Botha se ondergang gelei - toe hy die pers begin kritiseer het. Wanneer die agb lid se Regering, sy President en die handlanger van die President, mnr Essop Pahad, die media in hierdie land begin kritiseer ... [Tussenwerpsels.] ... word dit voorbladnuus in elke internasionale koerant. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, daar is oral voorbeelde in die wreld om te toon dat wanneer regerings begin om die media aan te val, dit 'n duidelike teken is. Ek hoef net van Zimbabwe melding te maak en wat daar gebeur sover dit die media betref. Ek doen 'n beroep op die Regering - ons wil vertroue in hierdie land h en ons wil h dat hulle die media in die belang van deursigtigheid en goeie regering sal respekteer.

Ek wil die aandag van die Huis vestig op die kwessie van hoe gou kiesers vertroue in hul leiers verloor, veral leiers wat nie in staat is om te lewer nie. Slegs vandeesweek het ons 'n uitstekende voorbeeld daarvan met die uitslag van die Israeli-verkiesing gehad. Dit was 18 maande gelede dat die leier van die Labour Party met 'n ongelooflike groot meerderheid ingekom het. Agtien maande later is dit heeltemal en totaal omgekeer. Trouens, die Likud Party het 'n hor persentasie stemme gehad as wat Labour met die vorige verkiesing gehad het, 'n rekord persentasie. [Tussenwerpsels.]

*Mnr C M DUGMORE: Wees versigtig hier in die Wes-Kaap! Julle moet versigtig wees. [Tussenwerpsels.]

*Die MINISTER: Ek raak nie daarby betrokke nie. Ek is betrokke by die aangeleenthede in die Wes-Kaap en dit is waarvan ek praat.

*Mnr G R STRACHAN: Waarom nie? Julle behoort internasionaal betrokke te wees.

*Die MINISTER: O. Baie dankie.
*Mnr G R STRACHAN: Waarom nie?

*Die MINISTER: Reg. Ek sal in 'n baie later stadium die agb lid hanteer.

Mnr die Speaker, die punt wat ek probeer stel, is wat gebeur wanneer die publiek vertroue in sy leiers verloor? Ons het bewys hiervan in die onlangse plaaslike owerheidsverkiesings gekry toe die wegblyery deur sogenaamde ondersteuners van die ANC plaasgevind het. Ek wil waag om te s dat dit die begin van dit alles is. Ons gaan begin sien dat steun in 'n al hoe groterwordende mate van die ANC af wegbeweeg. Ons het dit in die verkiesings hier teen die einde van verlede jaar gesien. Ek waarsku die ANC vandag hieroor.

*Mnr G R STRACHAN: Jy droom!

*Die MINISTER: Ek hoef nie te droom nie; hulle het 'n nagmerrie.

*Mnr C M DUGMORE: Waarom staan jou hare orent asof jy 'n nagmerrie het?

*Die MINISTER: Mnr die Speaker, as ek die agb lid mnr Dugmore 'n nagmerrie kan gee deurdat hy na my kyk, sal dit vir my 'n groot voorreg wees.

Mnr die Speaker, die agb "dr Dugmore" beskuldig die DA daarvan dat hy teen die arbeidswette in hierdie land is. Dit is louter onsin. Ek is bevrees dat sedert sy huwelik sy beeldpoetsery en algemene advies aan ons kameradelike kollegas nie van die beste was nie. Dit blyk natuurlik duidelik uit die verkiesingsuitslae.

Ja, ons is gekant teen sekere gedeeltes van die arbeidswetgewing, soos die gedeeltes wat buitelandse en nasionale beleggings verhoed. Hulle moet 'n oomblik gaan sit en dink, en hulself in die skoene plaas van diegene wat werkloos is en van honger doodgaan - 'n groep wat maand na maand groter word - en hulle vra om persoonlik arbeidswetgewing op te stel. Ek dink hulle sal 'n baie verskillende wet sien. Cosatu gaan voort om te besorgd oor die werkers te wees, maar hulle laat die werkloses in totale ellende.

Mnr die Speaker, die agb Premier is absoluut korrek wanneer hy toerisme met die ontdekking van goud aan die Rand vergelyk. Ons moet toeristeliggame in hierdie provinsie saamsnoer, en ek sal alles in my vermo doen, in samewerking met plaaslike regering en ander, om hierdie doelwit te bereik. Trouens, ons het nog skaars 'n begin gemaak wat toerisme betref en ons moet op 'n aggressiewe wyse nuwe strategie aanpak.

Terwyl ek oor hierdie onderwerp praat, wil ek die agb Premier bedank vir sy aankondiging met betrekking tot die stigting van 'n Wes-Kaapse Belangekantoor in die Europese Gemeenskap. Ek is seker dat dit toerisme en handel sal aanmoedig en die voorloper sal wees van ander belangekantore in ander sleuteldele van die wreld.

Mnr die Speaker, ek wil afsluit deur my kameradelike kollegas aan daardie kant van die Huis daaraan te herinner dat ongeveer 'n derde van die kieserskorps - of iets in daardie omgewing - in hierdie provinsie vir hulle gestem het. Hulle verkies om 'n baie ...

*Mnr C M DUGMORE: Eintlik 40%.

*Die MINISTER: Wel, ek was nog nooit vantevore akkuraat nie. [Tussenwerpsels.]

*Mnr C M DUGMORE: Die uitslae s 40,1%.

*Die MINISTER: Dit is 'n dalende persentasie.

*Mnr C M DUGMORE: Dit is 'n toename, 'n toenemende ... [Onhoorbaar.]

*Die MINISTER: Ek het my samewerking aan 'n aantal agb lede aan daardie kant van die Huis aangebied. Miskien met een uitsondering het hulle almal saamgewerk, maar ek is bevrees om te s dat ten opsigte van regering vir hulle 35% of 40%, of wat dit ook al is, van die mense wat vir hulle gestem het hulle na-die-uitslag-handelaars geword het. Hulle neem nie deel daaraan om die wette vir die mense wat in werklikheid vir hulle gestem het, te omvorm nie.

Hulle het 'n verpligting om te poog om die belange van die afnemende getal mense in hierdie provinsie wat vir hulle gestem het, te verteenwoordig. Ek herhaal vandag my aanbod. Ek herhaal my aanbod omdat, indien hulle nie met my wil saamwerk nie, dit daartoe sal aanleiding gee - om dit aan hulle te verduidelik - dat hulle nie die mense verteenwoordig wat vir hulle gestem het nie. Ek glo dat dit hul plig is.

Mnr die Speaker, hierdie proses werk baie goed met die nasionale Minister van Finansies. Hoewel ek nie altyd die beste vaar in 'n debat met hom nie, beteken die resultate wat daaruit voortvloei dat 'n stem vir die Wes-Kaap by die Finansiestafel gehoor is. Ek glo dat dit belangrik is.

Mnr die Speaker, in die belang van wat die agb Premier in sy Openingsrede ges het, sowel as die antwoord deur die agb Leier van die Opposisie, daag ek die agb lede aan daardie kant van die Huis uit om my kantoor te besoek wanneer hulle wil praat - of dit nou amptelik of nie-amptelik is. Ek het dit vantevore ges, en daar is net een persoon aan daardie kant van die Huis wat van die aanbod gebruik gemaak het.

*Mnr D SILKE: Mnr die Speaker, dit is vir my 'n groot plesier om vandag tot hierdie debat toe te tree, veral aangesien Suid-Afrika se politiek en di van die Wes-Kaap 'n historiese verandering oor die afgelope paar maande gesien het.

Die agb Premier het op 'n insiggewende wyse sy visie behandel, en ek sien daarna uit om saam met hom te werk in ons nuwe verenigde politieke mag om werklike lewering aan die mense van hierdie provinsie te verskaf.

Mnr die Speaker, die politieke landskap in Suid-Afrika het verander. Die dae van die ANC se wurggreep op Suid-Afrika is aan die taan. [Tussenwerpsels.] Vandag, danksy die DA, het Suid-Afrikaners van alle rasse nou 'n werklike keuse en hulle maak in 'n toenemende mate daardie werklike keuse.

Neem die Wes-Kaap as voorbeeld. Ons kiesers het die doeltreffende wyse waarop hierdie provinsie bestuur is en steeds bestuur sal word, besef. Goeie regering en 'n korrupsievrye Administrasie is wat ons van plan is om in die Wes-Kaap te handhaaf - ietwat anders as ons ANC-beheerde provinsiale eweknie elders.

Mnr die Speaker, daar is 'n verval wat binne die ANC plaasvind. Dit het op leierskapvlak begin met die arrogansie van die leiers van daardie politieke party, en dit het soos 'n virus na die gewone lede van daardie party versprei. Meneer, praat vandag met enige kaartdraende ANC-lid en 'n mens sal min geesdrif of blinde lojaliteit sien, wat so sigbaar gedurende die Nelson Mandela-jare was; praat met enige ANC-lid en jy sal verstom wees oor hulle gewilligheid om hul eie partystrukture en beleidsrigtings sleg te s. [Tussenwerpsels.] As 'n mens praat met diegene wat die ANC oor die afgelope paar jaar gesteun het, sal jy vind dat hulle geskok en ontnugter is deur eindelose bewerings van korrupsie en toesmeerdery van 'n party wat nou net lippediens bewys aan demokratiese verantwoordbaarheid. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, die regerende party gee nie meer vir die kiesers om nie. [Tussenwerpsels.] Hy is net besorg oor die stemme wat hy ontvang. Trouens, die ANC is nou skuldig daaraan dat hy meer besorg is oor die oorlewing van sy eie politieke party as oor die oorlewing van die demokrasie in Suid-Afrika.

Dit is hierdie arrogansie of magsvirus wat daardie kant van die Huis aantas. Soos die Engelse gesegde lui, "power corrupts and absolute power corrupts absolutely". Hoe naby is dit nie aan die huidige prestasie van die ANC-regering op beide nasionale en die onderskeie provinsiale vlakke nie!

Die idealistiese en baie edel voornemens om ons nuwe demokrasie uit te bou en te koester, verantwoordingdoening en deursigtigheid aan te moedig en om na die armes om te sien, bestaan nie meer nie. In plaas daarvan het ons 'n regerende party wat sy eie lede en sy eie waghondskeppingsmuilband, werkgeleenthede en kontrakte aan sy eie maatjies en boeties verskaf en rassisme in sy verkiesingsveldtogte en openbare retoriek laat voortbestaan. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, hierdie virus is aan die versprei. Dit is 'n virus wat van bo-af in daardie organisasie kom en as dit toegelaat word om sy loop te neem, kan dit die demokrasie vernietig wat ons so innig gekoester het.

Terwyl die DA die kritieke taak begin het om 'n nuwe politieke orde te vorm, is dit die ANC se vurigste en lojale ondersteuners wat nou die vermo van hul party en President begin bevraagteken om toereikend die probleme van die nasie aan te spreek. Dit is gewone kiesers wat met hul voete stem en wegbly van die stembus. Hulle is diegene wat nie net die onvermo van die ANC om te lewer raaksien nie, maar ook die arrogansie van die magsvirus wat daardie organisasie besmet het. Hierdie kiesers besef nou dat na sewe jaar aan die bewind die enigste lewering wat die ANC kan maak, is aan hul eie party se maatjies en apparatsjiks.

Mnr die Speaker, hierdie virus het 'n teenmiddel nodig, en die kiesers van Suid-Afrika weet dit. In plaas daarvan om die virus te voer deur verkiesing na verkiesing vir dieselfde party te stem, soos die geval in die ou Suid-Afrika was, begin Suid-Afrikaanse kiesers besef dat hulle hul verlore gesondheidstoestand kan herwin deur vir 'n duidelike alternatief te stem. Dit is presies die kritieke verandering in die politieke landskap van Suid-Afrika.

Net ses maande na sy totstandkoming het die DA daarin geslaag om die neiging tot 'n enkele dominante politiekepartystelsel en sy logiese gevolg - 'n eenpartystaat - te stuit. Vir die eerste maal sedert ... [Tussenwerpsels.] ... voor die Tweede Wreldoorlog ... [Tussenwerpsels.] ... het Suid-Afrika nou 'n duidelike tweepartystelsel ... [Tussenwerpsels.] ... met 'n opposisieparty wat sterker word eerder as om te verswak. Vir die eerste maal is Suid-Afrika se opposisieparty 'n ware renboogparty, wat steun vanuit alle bevolkingsgroepe trek. Dit is 'n gedaanteverwisseling in die plaaslike politiek en dit het hier in die Wes-Kaap begin.

Mnr die Speaker, ons kan hierdie virus onder kwarantyn plaas ... [Tussenwerpsels.] ... in ons provinsie en sy vordering stuit. Dit is presies wat ons aan hierdie kant van die Huis doen. Die kiesers van hierdie provinsie het ons in 1999 en weer in 2000 met 'n duidelike en ondubbelsinnige mandaat gelaat om te regeer en te lewer. [Tussenwerpsels.]

Daar is genoeg Suid-Afrikaners wat die visie van een nasie wat in voorspoed groei en deur 'n vreedsame handelswese en 'n gemeenskaplike visie verenig word, verkies teenoor die moe en pessimistiese analise van die ANC dat ons in twee rasse-antagonistiese nasies vasgevang is - 'n argument wat weer eens in die loop van die dag in die debat gebruik is.

Mnr die Speaker, ons in die Wes-Kaap moet hierdie baie positiewe siening van Suid-Afrika aanvaar. Die Wes-Kaap moet billikheid, innovering, geleenthede en uitstekende diens en lewering aan al sy mense uitstraal. [Tussenwerpsels.]

Die SPEAKER: Orde!

Mnr D SILKE: Werklike lewering teenoor rassesolidariteit moet ons primre motivering in hierdie provinsie wees. Rassesolidariteit is al wat die ANC sy volgelinge kan beloof. Werklike lewering volgens die DA se manier sit brood op die tafel, maar rassesolidariteit, ... [Tussenwerpsels.] ... soos in Zimbabwe, slaag net daarin om die armes arm te laat bly en die maatjies en partykramers ryk te hou.

Die Suid-Afrikaanse politiek het nie nou net die begin van 'n tweepartystelsel gevestig nie, maar het aan almal in die Wes-Kaap 'n unieke geleentheid gebied om 'n verskil te maak. Daar rus 'n besliste verantwoordelikheid op ons skouers om hierdie alternatief te laat werk en om sodoende die virus te stuit.

Mnr die Speaker, gelukkig is ons nie immuun teen die teenmiddel wat ek uitgestippel het nie. Ons kan dit hier doeltreffend, effektief en regverdig toedien. Ons in hierdie Provinsie gaan na al ons mense kyk - nie net na diegene wat vriende op die regte plekke het nie. Ons sal 'n duidelike keuse en 'n toenemende alternatief vir alle Suid-Afrikaners tot stand bring.

*Mnr P C MCKENZIE: Mnr die Speaker, gister het twee agb lede van die regerende party, en 'n hele paar vandag, die indruk gewek dat die DA die nasionale verkiesing gewen het. Dit is waar dat die DA die verkiesing in die Wes-Kaap gewen het, maar nie in die hele land nie.

Laat my toe om agb lede 'n paar feite te gee. Oor die hele land het die ANC 72% van die munisipaliteite gewen, ... [Tussenwerpsels.] ... en daardeur is die ANC die behoorlike mandaat gegee om bykans 86% van die bevolking van die land te regeer, ... [Tussenwerpsels.] ... wat ons die onbetwisbare politieke keuse van die meerderheid van die mense van die land gemaak het. Die DA kon die stryd in die Wes-Kaap gewen het, maar die ANC het die oorlog in die verkiesing gewen. [Tussenwerpsels.]

Agb lede moet onthou dat met die afgelope verkiesings in die Wes-Kaap daar met die NP se afsluitingsbepaling van die 50:50-stelsel weggedoen is. Hulle sal onthou dat hierdie 50:50-stelsel van die ou NP die wittes in die Noorde en die ANC in die Suide bevoordeel het. Wat die DA suksesvol in die afgelope verkiesing in die Wes-Kaap gedoen het - en ons haal ons hoed daarvoor af - is om die wittes die skrik op die lyf te jaag, ... [Tussenwerpsels.] ... soos hulle altyd doen.

As hulle onthou, was dit eers die Rooi Gevaar, toe die Swart Gevaar en vandag is dit die Munisipale Belastinggevaar. [Tussenwerpsels.] Daardie agb lid wil h dat ek die uitslae moet uitlees. Ek wil aan hulle s dat die verskil tussen hulle en ons is dat elke enkele wit persoon wat hulle by die stembus kon kry, by die stembus was. Ja, baie swartes het weggebly. [Tussenwerpsels.] Ons kan hulle nog by die stembus terugkry, en dan is dit verby met die DA! Die sogenaamde kleurlinge ...

Mnr R J KING: Mnr die Speaker, op 'n punt van orde: die agb lid mnr McKenzie s dat hy nog die swartes by die stembus gaan kry, maar die verkiesing is verby.

Die SPEAKER: Orde! Dit is nie 'n punt van orde nie. Die agb lid mnr McKenzie mag voortgaan.

Mnr P C MCKENZIE: Mnr die Speaker, vir 'n mens wat al die jare in die Parlement is, is dit 'n skande vir die Hoofsweep, die agb lid mnr King, om so 'n punt van orde te stel. Die Speaker sal met my saamstem.

*Mnr die Speaker, in die sogenaamde stedelike kleurlinggebiede is daar geskat dat slegs tussen 42% en 45% gestem het, en dus was die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid gister verkeerd toe hy ges het dat hulle die meerderheid van die stemme gekry het. Dit is die feite. Hy was verkeerd. Agb lede moet versigtig wees oor hoe die agb Minister hulle lei.

In die afgelope verkiesing - en dit is 'n feit - was daar 'n massiewe kleurlingstem teen die ANC. Nou was daar 'n massiewe kleurling-wegblyery van die verkiesing, en dus van diegene wat nie vir die DA gestem het nie. Agt en vyftig persent van die kleurlinge het nie vir hulle gestem nie. Hulle het nie die mandaat wat hulle s hulle het nie. [Tussenwerpsels.]

Laat ons die ANC met die DA vergelyk, en vergeet van die ander partye. Hulle is so klein, en hulle is selfs uit die raad geskop, maar hulle wil steeds daar probeer uitkom. Laat ons vir die oomblik van hulle vergeet en van die NNP en die ANC praat. In die 1994-verkiesing het die ANC 33% van die stemme ontvang, en die NNP/DP-alliansie het 58% van die stemme ontvang. Vergelyk dit met 5 Desember 2000, toe die ANC 40% van die stemme ontvang het, 'n toename in die persentasie van 1994, en die DA 50% ontvang het, wat gister deur die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid bevestig is, wat 'n daling van meer as 6% was. Dit is wat met hulle gebeur het. [Tussenwerpsels.] Wag! Hou aan! Stil nou! Hulle het hul kans gehad. [Tussenwerpsels.] Ses persent minder mense ... [Tussenwerpsels.] ... het vir die DA in hierdie provinsie gestem. [Tussenwerpsels.] Agt en vyftig persent van die kleurlinge het nie in die afgelope verkiesing gestem nie. Trouens, as 'n mens na die feite kyk, het die DA nie die mandaat wat hulle aanvoer hulle het nie, wat die spreker voor my gedoen het.

Ek het nog altyd vir die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid ges dat hul opnames en navorsing goed is. Hy moet dus heeltemal eerlik wees en s dat hulle 'n afname aan steun gehad het. Die meerderheid kleurlinge in die Wes-Kaap het hulle verwerp - 58% van hulle! [Tussenwerpsels.]

Wat het die DA na die analise van 5 Desember gedoen? Laat ek agb lede s. Hulle het letterlik hul basis, hul hoofkwartier, van Gauteng na die Wes-Kaap verskuif - hier in Kaapstad, in die straat af. Hulle het opgepak en hul hoofkantoor van Johannesburg verskuif - selfs hul Ryan Coetzees, almal van hulle. Hulle het opgepak en hulle almal hierheen gebring.

*Die MINISTER VAN FINANSIES, BESIGHEIDSBEVORDERING EN TOERISME: Mnr die Speaker, sal die agb lid mnr McKenzie 'n vraag neem?

*Mnr P C MCKENZIE: Nee, mnr die Speaker.

*Die MINISTER VAN FINANSIES, BESIGHEIDSBEVORDERING EN TOERISME: Ek wou gehad het jy moet my vertel ... [Onhoorbaar.]

*Die SPEAKER: Orde! Orde! Die agb lid mnr McKenzie mag voortgaan.

*Mnr P C MCKENZIE: Mnr die Speaker, as gevolg van die verkiesingsuitslae in die ander provinsies het hulle hul troepe uit die res van Suid-Afrika gehaal en hulle hierheen gebring om hulle laaste verset te loods. Hulle het hulle na hierdie een uithoek van die land gebring en ges, "Laat ons hulle hiervandaan beveg en poog om weer die land te verower." [Tussenwerpsels.] Dit, my vriende, sal hul laaste verset wees. Dit sal wees net soos die Noord-Kaap, die Oos-Kaap en die verskeie ander dele van die land waar hulle verloor het. Hul dag gaan kom, omdat hulle nie verder kan groei nie - hulle kan net verloor. [Tussenwerpsels.]

Dit sal ons voorreg as die ANC wees om die DA in die opkomende verkiesings te vernietig en te elimineer. [Tussenwerpsels.] Mnr die Speaker, op die dag wanneer die bordjies verhang is, sal u en ek 'n heildronk daarop drink. Wanneer 'n mens na die analise kyk, was die agb Minister van Finansies, Besigheidsbevordering en Toerisme korrek toe hy ges het dat 40% - meer as 'n derde - van die mense in die Wes-Kaap, die kleurlinge, 'n groep is wat 'n mens nie kan weg wens nie. Wanneer hulle kyk na wat hulle gewen het, sal hulle sien dat hulle nie die Wes-Kaap as sodanig gewen het nie. Daar was omtrent 14 rade waar geen party 'n meerderheid gehad het nie, waar onderhandelings moes plaasvind. [Tussenwerpsels.]

Die agb Premier het dit gister duidelik gestel dat die DA teen korrupsie gekant is. Laat ons hom weer vra. Wat het gebeur met die aangeleentheid in die Suid-Skiereiland wat ons verlede jaar hier geopper het? Kyk na vandag se koerante. Ons het die agb Premier vertel van die korrupsie in sy agterplaas, die kiesafdeling waarvandaan hy kom. Daar is aantygings teen die einste persoon teen wie ons hom gewaarsku het en wat die verkeershoof geword het. Agb lede moet die koerante lees. [Tussenwerpsels.] Hy was die NPP se raadslid in die Uitvoerende Komitee. Wat het daarvan geword? Dit is die mense wat s dat hulle die provinsie regeer.

Wat het by die Hillstar-depot gebeur? Die verkiesingsuitslae het vir ons gewys wat in Macassar gebeur het. Hulle kan al die verkiesingsuitslae bring - ek het hulle gesien! As 'n mens na die verkiesingsuitslae kyk, kan 'n mens die vordering sien wat die ANC in daardie gemeenskappe gemaak het. Agb lede moet na die persentasies kyk. [Tussenwerpsels.] Laat ons vra wat in Smartie Town gebeur het. Ons s ...

Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID: Wil jy 'n ambassadeurspos h?

*Mnr P C MCKENZIE: Nee, wag nou! Die agb Minister moet nou nie poog om ander argumente aan te voer as hy weet dat hulle nie kan verdedig wat hulle gedoen het nie. Die skrif is aan die muur. Hul dae is getel. Hulle moet hul tyd geniet. [Tussenwerpsels.] Die DA kan die Provinsie regeer, maar hulle moet onthou dat hulle nooit 'n volstrekte meerderheid in hierdie Parlement gekry het omdat hulle die provinsie gewen het nie. Ons weet van die immorele wyse waarop die NNP en die DP saamgevoeg is. [Tussenwerpsels.] Ons weet daarvan. [Tussenwerpsels.] Dit was nie 'n huwelik nie! Wat was dit? Dit was 'n verkragting, en ons het hulle daaroor gewaarsku. Hoede af vir die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid. Sy strategie was korrek. Hy het die res van hulle swak gemaak, en dus is daar nie meer 'n NNP nie. Hy was reg! Hy het hulle gebruik en hy het dit doeltreffend gedoen.

Mnr die Speaker, ja, die DA het die verkiesing in die Metropool gewen. Laat hulle die paar jaar wat hulle het om dit te doen, geniet, want ons het drie jaar waarin ons na daardie gebiede kan gaan om met die mense te werk wat hulle aanhou om bang te praat oor die verkiesings. Ek sien uit na die volgende verkiesingsuitslae.

Die MINISTER VAN BEHUISING: Mnr die Speaker, ek volg graag na die agb lid mnr McKenzie. Hy het nou werklik vir ons 'n teatrale vertoning gelewer. Ek wil hom aan iets herinner, en ek wil spesifiek die agb Leier van die Opposisie in die o kyk en hom 'n bietjie agtergrond gee van daardie agb lid wat nou langs hom sit.

Mnr P C MCKENZIE: [Onhoorbaar.]

Die MINISTER: Dit sal ek jou vertel.

Mnr die Speaker, die agb lid mnr McKenzie het in die driekamerstelsel gedien. Hy gaan toe na Houston, Texas. [Tussenwerpsels.] Daar vertel hy toe vir die mense dat hy vir die ANC in "exile" is, en dit terwyl hy in die driekamerstelsel dien!

Mnr P C MCKENZIE: Mnr die Speaker, op 'n punt van orde: ek was nog nooit in my lewe in Houston, Texas, nie.

Die SPEAKER: Dit is nie 'n punt ...

Mnr P C MCKENZIE: Kan die regerende party ...

Die SPEAKER: Orde! Orde!

Mnr P C MCKENZIE: ... tog die waarheid begin praat! [Tussenwerpsels.]

Die SPEAKER: Orde! Dit is nie 'n punt van orde nie.

Die MINISTER: Mnr die Speaker, besoekers aan hierdie land het die arme jong man wat in "exile" was ter wille van die saak en die struggle, kom soek. Ons vind toe uit daardie man is ene Patrick McKenzie van Bonteheuwel. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, gepraat van daardie agb lid wat hier hoog kom opgee oor rassisme, sy uitlating gister het dit 'n hartseer dag gemaak. Gister, toe die agb Minister van Maatskaplike Dienste en Armoedebestryding ingesweer is, het hy die laakbaarste rassistiese uitlating ooit in die Huis gemaak deur te s, "David, now at least you are bringing colour to that party!" [Tussenwerpsels.] Hy het dit ges.

*Mnr C M DUGMORE: Hy het van sy baadjie gepraat. [Tussenwerpsels.]

*Mnr P C MCKENZIE: Dit was die kleur van sy baadjie! [Tussenwerpsels.]

Die MINISTER: Sy opmerking was uiters laakbaar. Die DA verwerp dit met die minagting wat dit verdien, en die kiesers daar buite weet dit. [Tussenwerpsels.] Die kiesers weet ons het hier te doen met 'n ...

Mnr P C MCKENZIE: [Onhoorbaar.]

Die MINISTER: ... gerieflike rassistiese aanval op die DA. Wanneer dit hulle pas ... [Tussenwerpsels.] Patrick, jy het vir eerw Hendrickse soos 'n warmpatat gelos, net soos wat jy vir Ebrahim Rasool gaan los.

Meneer, ek wil vir die agb Leier van die Opposisie vra wat hy dink om watter rede ons 'n paar van ons stoere nasionaliste tussen hulle geplant het. Dit is waarom ek woord vir woord weet wat op hulle lekgotla in Citrusdal plaasgevind het. [Tussenwerpsels.] Dit is nou 'n ope geheim. [Tussenwerpsels.]

Mnr P C MCKENZIE: Wat het daar gebeur? [Tussenwerpsels.]

Die MINISTER: Nee, wag nou! Hoe het ons ons mense van Militre Intelligensie, wat in hulle geledere sit, daar geplaas om vir Patricia de Lille die inligting oor die wapenskandaal te gee? [Tussenwerpsels.] Die agb Leier van die Opposisie kan nooit daardie mense vertrou nie. Ek wil dit vir hom s, hulle het dit nog altyd gedoen. [Tussenwerpsels.] Dit is tog 'n ope geheim ... [Tussenwerpsels.] ... dat dit in hul koukus bespreek is. [Tussenwerpsels.]

Die SPEAKER: Orde!

Die MINISTER: Mnr die Speaker, op 'n punt van orde: ek moet my nou ongelukkig op die Stoel beroep. Toe die agb lid mnr McKenzie aan die woord was, het hy ges, "Jy het jou kans gehad." Ek moet u daarop wys dat dit nie regverdig is nie dat daardie kant van die Huis voortdurend kommentaar kan lewer, maar as mense aan hierdie kant praat, word hulle vinnig tot orde geroep.

Mnr C M DUGMORE: Jy is sy ... [Onhoorbaar.]

Die SPEAKER: Orde!

Die MINISTER: Jy bly stil! Mnr die Speaker, op 'n punt van orde: kan u my asseblief beskerm?
Die SPEAKER: Orde! Orde! [Tussenwerpsels.] Orde! Orde! Dit het vir my gelyk asof die agb Minister van Behuising baie goed doen en asof hy die reaksie baie goed hanteer, maar dit is duidelik dat daar te ver gegaan word en dat dit die agb Minister ontstel het terwyl hy sy toespraak lewer. Die agb Minister het dus beslis 'n punt beet. Ek moet egter s dat die agb Minister my ook mislei deurdat hy dit goed hanteer, en dit sorg vir 'n lekker debat, maar ek sal hom voortaan beskerm. [Tussenwerpsels.]

Die MINISTER: Dankie, mnr die Speaker.

Mnr S E BYNEVELDT: Waar is jou toespraak?

Die MINISTER: Mooi in die middel van jou paadjie. [Gelag.] [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, ek wil vir daardie agb lid vertel wat in hulle koukus bespreek was. Ek vind dit interessant dat dit nie net in die Wes-Kaapse ANC-koukus bespreek was nie, maar ook op hul nasionale koukus, waar daar besluit was dat hulle nou, vir 'n verandering, die nasionale leier van die DA, mnr Tony Leon, totaal moet isoleer en dat toenadering na Premier Morkel en mnr Marthinus van Schalkwyk gesoek moet word in 'n poging om 'n skeuring in die DA te veroorsaak. [Tussenwerpsels.] Ek kan dit verbatim ...

*Mnr C M DUGMORE: Dit was omtrent twee jaar gelede die strategie. [Tussenwerpsels.]

Die MINISTER: As dit nie nou geld nie, is dit ten minste 'n skulderkenning. [Tussenwerpsels.] 

Die SPEAKER: Orde! Orde!

Die MINISTER: Mnr die Speaker, kom ons laat dit daar. Hulle is baie bekommerd oor hierdie reus wat besig is om te groei.

*Ek kom vervolgens by die Hoofsweep van die Opposisie. Hy is 'n baie billike man en hy is 'n verstandige mens. Hy weet baie goed dat hy reeds verlede jaar saamgestem het met die plan vir die Opening van ons Parlement op 6 Februarie 2001. Hy het daartoe ingestem, so waarom het hy die voorbarigheid om gister in die Huis te impliseer dat ons die Opening van ons Parlement vir 6 Februarie 2001 beplan het omdat ons die kollig by President Mbeki wou steel? Op daardie tydstip kon hy nie seker wees dat President Mbeki op 2 Februarie 2001 'n blitsbesoek aan Suid-Afrika sou bring nie. Is hy heeltemal seker dat President Mbeki mre hier sal wees? [Gelag.] Asseblief, hierdie program is verlede jaar met daardie Hoofsweep se toestemming uitgewerk ...

Mnr S E BYNEVELDT: Waar is jou toespraak?

*Die MINISTER: Ek het aan hom gegee ...

Mnr S E BYNEVELDT: Waar is jou toespraak? Hoekom lees jy dit nie?

Die MINISTER: Nog altyd. Die agb lid mnr Byneveldt ...

Mnr S E BYNEVELDT: Kom lees dit hier.

Die MINISTER: ... se banier het gemaak dat sy hare nie meer groei nie. [Tussenwerpsels.]

Mnr S E BYNEVELDT: Kom lees dit hier. Kom lees dit hier.

Die SPEAKER: Orde! [Tussenwerpsels.] 

Die MINISTER: Mnr die Speaker, daardie agb lid moet net eerlik wees en s dat die Swepe so ooreengekom het en dat hulle dit met my uitgeklaar het. Daar is dus geen dispuut oor waarom ons Parlementsopening Dinsdag geskied het nie.

Meneer, ek wil nou by die agb lid mnr Dugmore begin.

Mnr S E BYNEVELDT: Kom lees jou toespraak hier.

Die MINISTER: Hy het gister ...

Mnr S E BYNEVELDT: Kom lees dit hier.

Die MINISTER: Nee, ek het nie nodig om te lees nie, want as jy ...

Die SPEAKER: Orde! Orde! Die agb lid mnr Byneveldt het dit nou ses of sewe keer ges. Die gedagte van 'n tussenwerpsel is dat dit een keer gemaak word. Die agb Minister van Behuising kan voortgaan.

Die MINISTER: Mnr die Speaker, die agb lid mnr Dugmore was omtrent die enigste persoon in hul geledere wat probeer rigting gee aan wat 'n debat van hierdie formaat behoort te wees. Daarmee wil ek hom gelukwens. Hy het ten minste die insig en visie gehad ...

Mnr C M DUGMORE: Maar?

Die MINISTER: ... om bo die res van sy kollegas uit te styg.

Mnr C M DUGMORE: Antwoord. Maar, maar; maar, maar.

Die MINISTER: Maar, ... [Gelag.] ... wanneer 'n mens darem 'n klein bietjie begrip het, behoort jy jouself te vergewis van die feite. [Tussenwerpsels.] Die agb lid mnr Dugmore het verwys na die Irene Grootboom-uitspraak, en gemaak asof dit die Wes-Kaapse Regering is wat alleen in die stryd staan. 

Mnr C M DUGMORE: Nee, ek het nooit so ges nie.

Die MINISTER: Wag nou, jy het jou beurt gehad. Meneer, ek het die agb lid mnr Dugmore belowe ek gaan hom antwoord, en ek doen dit met groot vrymoedigheid.

Mnr die Speaker, die eerste respondent in die hofsaak by die Konstitusionele Hof was die Sentrale Regering. As agb lede die hele aangeleentheid op die Internet gevolg het, sal hulle met my saamstem dat dit die interessantste hofsaak in die geskiedenis van demokrasie was, waar 'n regering homself na sy eie konstitusionele hof wend om uitspraak te gee oor dinge wat hy self ingestel het. Daar was internasionale belangstelling, daarom is dit noodsaaklik dat ons die uitspraak van die Konstitusionele Hof reg vertolk. Dit is belangrik.

Mnr S E BYNEVELDT: Lees dit eers; lees dit eers.

Die MINISTER: As party mense weet hoe spel 'n mens lees, sal dit ook maar moeilik gaan.

Mnr die Speaker, die feit bly staan, vir die eerste keer is uitsluitsel gegee oor wat is 'n skuiling, bedoelende 'n woning.

Mnr C M DUGMORE: Ek weet dit alles, maar die regter het vir julle gekritiseer.

Die MINISTER: Nee, wag nou. Ek sal vir die agb lid mnr Dugmore die volledige uitspraak gee. Die feit is dit: die rede waarom ons die saak aanhangig gemaak het, ... [Tussenwerpsels.] ... is omdat die ANC se regter in die Hooggeregshof, Regter Davis, ges het ons is nie ...

AGB LEDE: Hy is nie ons regter nie, hy is almal se regter!

Die MINISTER: Goed, ek trek my woorde terug, maar ek verander nie van opinie nie. Meneer, Regter Davis het in die Hooggeregshof ges ons is nie verplig om volwassenes van wonings te voorsien nie, maar ons is in terme van artikel 28 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, Wet 108 van 1996, verplig om kinders van wonings te voorsien en dan is hul ouers geregtig om daar te woon. Dit sou vir hierdie land katastrofiese gevolge gehad het!

Sonder om veel daarop uit te brei, die Wes-Kaap het nog elke jaar sy behuisingsbegroting oorspandeer; dit wil s, ons het meer spandeer as wat nodig was. Dit is 'n skreiende skande dat op 31 Desember 2000 landwyd R1,6 miljard van die behuisingsfondse nie gespandeer was nie! [Tussenwerpsels.] Dit terwyl ons in die Wes-Kaap gereed is om met goedgekeurde projekte van bykans R800 miljoen te begin. [Tussenwerpsels.]

Dit bring die belangrikheid van die Grootboom-saak op die voorgrond, want Regter Davis het ges ons is verplig om die mense van huisvesting te voorsien, mits die fondse beskikbaar is. In hierdie geval, myns insiens, is die fondse beskikbaar. As daar enigsins verder aan my MTEF-toekenning gepeuter gaan word, het ek geen ander keuse nie as om terug te gaan na die hoogste gesag, die Konstitusionele Hof, met die klag dat die Sentrale Regering van Suid-Afrika nie gehoor wil gee aan hul opdrag dat ons huise moet voorsien nie. As R1,6 miljard op 31 Desember 2000 beskikbaar was, en nie gespandeer was nie, is daar geld en moet die Wes-Kaap nie langer gestraf word nie.

Die agb lid mnr Dugmore het verwys na die kwessie rakende die verkoop van HOP-huise. Dit is 'n euwel wat ek vanaf my eerste dag op kantoor hand en tand beveg het, en ek was ...

Mnr C M DUGMORE: Die DA doen dit! [Tussenwerpsels.]

Die MINISTER: Nee, wag nou. Ek het di stelsel vanaf my eerste dag in hierdie pos beveg. Daardie agb lid weet dit goed. Voordat hy die Plattekloof-kiesafdeling gekry het, het hy immers die Bonteheuwel-kiesafdeling gehad. Hy weet tog hoe ons oor die voorkoopreg baklei het. Kan die agb lid mnr McKenzie dit bevestig?

Mnr P C MCKENZIE: Herhaal dit. Wat het jy ges? Herhaal dit.

Die MINISTER: Mnr die Speaker, dit is 'n feit dat ons, toe ons die voorkoopreg by Minmec wou inbring, gehoor het dat dit ongrondwetlik is, dat dit teen menseregte indruis, en so meer. Die nasionale Minister van Behuising het nou die opdrag gegee wat ek al lankal gegee het, dat geen oordrag in die toekoms gedoen sal word sonder dat 'n vyfjaar-voorkoopreg op die titelakte ingeskryf word, wat sal verhoed ...

Mnr C M DUGMORE: Sy het 'n brief vir jou geskryf.

Die MINISTER: Ag man, dit was nadat ek my in Minmec blou gesoebat het om dit deurgevoer te kry.

Mnr C M DUGMORE: Wat gaan jy doen in ... [Onhoorbaar.]

Die MINISTER: Mnr die Speaker, dit is 'n feit dat as ons vanaf die eerste dag di voorkoopreg gehad het, die geldskieters in die mikro-lenersbedryf, die sjebien-eienaars en al die ander gewetenlose mense nie die kans sou gehad om dit te koop nie.

Mnr C M DUGMORE: Ons praat van die raad.

*Die MINISTER: Op die oomblik is daar geen opmetings in plek wanneer daardie mense oordrag neem nie, omdat die Sentrale Regering van mening was dat dit teen die Grondwet indruis.

Mnr C M DUGMORE: Dit is 'n raad wat dit verkoop, nie die mense nie.

Die MINISTER: Die feit bly staan, die opdrag is gegee. Daar is 'n regsproses. As die agb lid mnr Dugmore die onafhanklikheid van die Regbank erken, sal hy met my saamstem dat daar, toe die verkope plaasgevind het waarteen ek hewig gekant is - en ek stem met hom saam ...

Mnr C M DUGMORE: Wat gaan jy doen?

Die MINISTER: Anders as om te sit en raas, soos wat die agb lid mnr Dugmore doen, ...

Mnr C M DUGMORE: Nee, mense het nie huise nie.

Die MINISTER: Ja, hulle het nie huise nie, omdat die agb lid mnr Dugmore nie sy werk reg gedoen het nie ...

Mnr C M DUGMORE: Ai, dit is jou raad ... [Tussenwerpsels.]

Die MINISTER: ... en nie sy mense kon oortuig van wat reg is nie.

Mnr die Speaker, dit word hier voorgehou asof HOP-huise net in die Wes-Kaap verkoop word. Dit is baie jammer. Die Wes-Kaapse Departement van Behuising is die eerste wat dit aan bande gel het. Ons het voorgeskryf dat as die eienaar fouteer, die plaaslike owerheid die eerste opsie moet h om mense laer af op die waglys te help, daarna die Provinsie Regering en dan die Sentrale Regering. [Tyd verstreke.]

Mnr J P GELDERBLOM: Mnr die Speaker, ek s dankie vir die geleentheid om aan die debat deel te neem, veral nadat die agb Premier eergister sulke wonderlike visies geopenbaar het en doelwitte uitgespel het vir hierdie provinsie, die leidinggewende provinsie aan die suidpunt van Afrika.

Mnr die Speaker, alvorens ek met my toespraak begin, wil ek s dat ek een van die interessantste artikels in 'n baie lang tyd gelees het, wat uit 'n akademiese, wetenskaplike en politieke oogpunt nog baie waarde vorentoe gaan inhou.

*Mnr C M DUGMORE: Nee, nee.

Mnr J P GELDERBLOM: Die agb lid aan daardie kant van die Huis het al sy plekke verloor. Hy het George verloor, hy het Oudtshoorn, hy het alles verloor. Hy het voor die tyd gespog dat hy goed gaan doen, maar hy is verslaan en vernietig. As opkomende ster van die ANC dink ek nie dat hy eers naby 'n ... [Onhoorbaar.] ... ster kom wat verskiet nie.

Wat staan in die Cape Argus van Dinsdag, 30 Januarie 2001? [Tussenwerpsels.] Ja, ek gaan dit lees, en die agb lid met die grondpaadjie weet nie waaroor dit gaan nie. Op bl 14 staan, en ek haal aan:

DEAR EBRAHIM. The election is over, and I am driven to write to you out of a deep concern about the ANC's performance, ...

Meneer, dit is 'n baie bekende lid van die ANC wat dit skryf. [Tussenwerpsels.] Dit is nie daardie agb lid nie, dit is mnr Ben Turok. Hy gaan voort en kom tot sekere gevolgtrekkings, dat dit die einde van die ANC beteken, nie net in die Wes-Kaap nie, maar in Suid-Afrika. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, die tyd aangebreek het dat die kiesers van die Wes-Kaap kennis neem van wat in daardie artikel in die Cape Argus van 30 Januarie 2001 staan. Dit het tyd geword dat agb lede aan daardie kant van die Huis ook lees wat daar staan.

*Mnr G R STRACHAN: Wat is die punt?

*Mnr J P GELDERBLOM: Die punt is baie duidelik ... [Gelag.] ... dat die ANC geen visie vir hierdie land en vir hierdie provinsie het nie.

Mnr die Speaker, die artikel is baie duidelik en dit s vir ons een ding, dat die ANC in die Provinsie nie 'n lang toekoms sal h nie. Hulle hou konferensies op Citrusdal, hulle hardloop links en regs rond, maar die einde van die ANC is in sig. [Tussenwerpsels.]

'n Nuwe tydvak in Suid-Afrikaanse politiek het aangebreek. Die pas afgelope plaaslike regeringsverkiesing en uitslae in die Wes-Kaap het die tyd van hoop ingelei vir baie mense. Daar is 'n nuwe krag in die Suid-Afrikaanse politiek. Die samevoeging van mense met dieselfde waardestelsels onder een sambreel het 'n nuwe entoesiasme en begeestering ontlont.

Die DA het by die stembus bewys dat die mense van hierdie land na 'n party met nuwe oplossings vir al ons mense soek. Aan die ander kant het die ANC, wat in die postapartheidsera as die redders van die volk beskou is, bewys dat hul rol uitgedien is. Die ANC het bewys dat hulle in minder as 'n dekade kon verander van 'n sogenaamde bevrydersparty na 'n party wat 'n bespotting van die beginsel van deursigtigheid maak en hul demokratiese beginsels oorboord gooi.

Om voorgenoemde te bevestig, verwys ek na 'n artikel deur Kaizer Nyatsumba in die Cape Argus van Woensdag, 31 Januarie 2001, en ek haal aan:

Crisis of confidence puts the squeeze on Mbeki

... the ANC itself must also accept that it has no monopoly on wisdom and therefore needs to engage in dialogue and listen to all sections of society, including those it does not like.

Stem agb lede daarmee saam? Dit kom uit 'n artikel in die Cape Argus. Hy gaan nog verder, en ek haal aan:

... mutual respect with the press and opposition parties, with each accepting the other's bona fides and the different roles they have to play in our society.

Mnr die Speaker, die probleem van gebrek aan konsultasie deur die ANC met sy kiesers op grondvlak en sy outokratiese styl van bestuur, sal in toenemende mate kiesers van hom vervreem. Die kiesers ervaar verder geen gees van entoesiasme meer in die ANC nie. Die motiewe van die massas is edel, maar leiers het hulle in 'n cul-de-sac gelei en op 'n dwaalspoor geplaas.

Die ANC het in 'n dekade van regeer nog geen wesenlike verskil gemaak aan die lewenstandaarde van die arm mense nie. [Tussenwerpsels.] Dit is so. Die werkloosheidsyfer is die hoogste sedert die ANC regeer. Ontken hulle dit? Hierdie faktore, Edelagbare, breek die man in die straat se moed en laat die ANC met die werklikheid dat hulle nie net die toets gedop het nie, maar dat hulle as regering die eksamen gefaal het. [Gelag.]

Mnr die Speaker, die agb lede lag, want hulle lag vir die arm mense. Wanneer hulle die mense by die stembus bring, wil hulle net hul kruisies h. Dit is waarom die mense van Leeu-Gamka ...

Die LEIER VAN DIE OPPOSISIE: Mnr die Speaker, op 'n punt van orde: ons lag nie vir die arm mense nie. Ons lag bloot omdat die agb lid u as "Edelagbare" aanspreek. Is dit aanvaarbaar?

Die SPEAKER: Orde! Die Stoel het eintlik nie 'n probleem daarmee nie. [Gelag.] Die agb lid mnr Gelderblom mag voortgaan.

Mnr J P GELDERBLOM: Mnr die Speaker, die Sarafina-skandaal is niks teen die vraagtekens wat rondom die wapenskandaal hang nie. Voorsitters van komitees word verwyder en ander lede van die komitees word op studiebesoeke na die buiteland gestuur om te verhoed dat die persone wat die ondersoek wil bespoedig met die media in aanraking kom. Hulle s as 'n mens nie saamstem nie, word jy ge-"Feinstein". As daar niks is om weg te steek nie, waarom word die volle waarheid dan nie geopenbaar nie? [Tussenwerpsels.]

Di soort optredes laat diep vrae by Jan Alleman ontstaan. Die DA sal di optrede nooit kan goedpraat nie, omdat die party uit ware demokratiese beginsels gebore is, wat geskoei is op totale deursigtigheid en vryheid van spraak. Die ANC-regering se optrede herinner sterk aan die outokratiese tendense van die verlede. Hul optrede is 'n toonbeeld van 'n party wat besig is om mag te verloor en daardeur in 'n poel van onsekerheid gedompel te word. Sodanige optredes deur die ANC-regering oortuig niemand nie, en selfs geharde ANC-ondersteuners, soos Ben Turok, betwyfel die roete wat ingeslaan is. [Tussenwerpsels.]

Die SPEAKER: Orde! Orde!

Mnr J P GELDERBLOM: Mnr die Speaker, President Thabo Mbeki se optrede rakende buitelandse beleid met Zimbabwe, die absurde uitsprake rakende Vigs en die wapenskandaal het die land onherstelbare skade berokken en versnel die proses waarteen die ANC Suid-Afrika van 'n ontwikkelende Derdewreldland tot 'n piesangland regeer. [Tussenwerpsels.]

Binne die Suid-Afrikaanse konteks is dit slegs die Provinsie Wes-Kaap wat as 'n juweel uitstaan. Waarom is die Wes-Kaap die juweelprovinsie? Die Wes-Kaapse Regering het sedert 1994 verseker dat demokratiese waardes gehandhaaf word, dat korrupsie uitgewis word, dat skoolopleiding en standaarde op alle vlakke gehandhaaf word, dat omstandighede geskep word waarbinne ekonomiese groei kan plaasvind en dat effektiewe bestuur aan die orde van die dag is.

Op plaaslike vlak in die Wes-Kaap het die DA-dorpe gedy en is daar baie sukses behaal. Die ongelukkige dorpe wat deur die ANC regeer is, was gekenmerk deur agteruitgang, rampspoed en korrupsie. Infrastruktuur stort in duie en dienslewering bied nie meer waarde vir geld nie. Nepotisme en onoordeelkundige personeelaanstellings het daartoe gelei dat dorpe soos Ladismith gered moes word van boewe wat onder die dekmantel van raadstogas verskuil het.

Verkiesingsbeloftes deur die ANC is nooit gestand gedoen nie. Werk is nie geskep nie, paaie en sypaadjies is nooit geteer of skoongemaak nie, kliniekdienste het verswak, dienste het verval en negatiewe saldo's van munisipaliteite het verhoog in ruil vir meesal niks, maar dikwels klein huisies waar die wind deur gate gewaai het.

Vir baie inwoners van ons provinsie, en veral vir di van Knysna, George, Mosselbaai, Oudtshoorn, Uniondale, Haarlem, Prins Albert en Leeu-Gamka, het hierdie marteling nou tot 'n einde gekom. Terloops, daardie mense in Leeu-Gamka wat vergoed is, was mense wat werkloos was. Dit is geld wat aan werklose mense in Leeu-Gamka gegee is, en ons is baie trots dat hulle daardie geld bekom het. [Tussenwerpsels.] In al hierdie dorpe het die kiesers met hul keuse by die stembus seker gemaak dat wanregering nou gaan stop. Die DA, met sy nuwe benadering van welvaart vir alle mense, openheid, fiskale dissipline en bewese leierskap, sal verseker en toesien dat die skade wat die ANC in hierdie dorpe aangerig het, herstel word en nie herhaal word nie.

Mnr die Speaker, die DA se raadslede is verbind tot dienslewering by uitnemendheid. Raadslede wat onderpresteer, sal plek maak vir raadslede wat hul kant bring. Die boodskap van ons agb Premier en die leiding van ons agb Minister van Plaaslike Regering en Ontwikkelingsbeplanning stel die voorbeeld van dienslewering en verantwoordelike regering in di verband. Ons agb Ministers huiwer nie om spoedeisend aandag te gee aan kwessies rakende hul portefeuljes nie, al is die kwessies hoe klein.

Die realiteit is dat die DA-regering van die Wes-Kaap 'n beeld van entoesiasme uitstraal onder die kiesers van die Wes-Kaap. Daardie entoesiasme sal die ondersteuners van selfs die ANC aangryp en oortuig dat daar wel hoop is. Die DA, die party vir alle mense, verseker selfs sy grootste teenstanders dat ook hul belange deur die DA op die hart gedra sal word, en nie soos wat die burgemeester van Beaufort-Wes s dat hulle net hulp sal verleen aan di dorpe waar hulle die stemtotaal gewen het nie. [Tyd verstreke.]

*Mnr M OZINSKY: Mnr die Voorsitter, ek wil die agb Premier vir sy Openingsrede bedank. Dit is vir ons duidelik dat, vergeleke met verlede jaar, daar in sy Openingsrede vanjaar 'n beduidende klem- en inhoudsverandering was. Ek bespeur iets van 'n wil om te wil saamwerk met die opposisie en plaaslike regering, en sommige van die mense wat tradisioneel die DA-regering in hierdie provinsie vyandig gesind is.

Dit is 'n goeie begin om die agb Premier ook te hoor s dat niemand - en ek herhaal - niemand, dit maak nie saak watter party hulle steun nie, ooit moet voel dat die Regering iets anders is as 'n helpende hand in hulle reis deur die lewe nie.

Mnr die Voorsitter, maar dit is alles steeds net goeie voornemens. Hoe gaan daardie kant van die Huis seker maak dat dit 'n werklikheid word, want dit is beslis nie op die oomblik 'n werklikheid nie. Soos vorige sprekers uitgewys het, toon die verkiesingsuitslae dit baie duidelik. Wat ons aan die een kant in die voormalige wit gebiede sien, is 'n uiters ho mobilisasie, met 'n opkoms in die omgewing van 70% tot 80%. Dit is 'n mobilisasie wat in 'n groot mate op Swart Gevaar in 'n nuwe vorm gebaseer is - of dit nou oor munisipale belasting, oor Zimbabwe of oor misdaad is. Daar was 'n gemiddelde opkoms van omtrent 50% in die swart gebiede en 'n uiters lae opkoms in die kleurlinggebiede, wat die DA-burgemeesterskandidaat aanvoer hy in die raad verteenwoordig.

Mnr die Voorsitter, wanneer slegs 30% tot 40% van die mense in Mitchells Plain opdaag om te stem, is dit 'n skokkende refleksie van hulle vertroue in die Regering, veral vir 'n party vir wie daardie selfde mense met meer as 60% in die 1994-verkiesing gesteun het.

Wat ons uit hierdie uitslae kan aflei, is dat ons provinsie steeds uiters rasseverdeeld bly. Ons hoef dit nie oor en oor te herhaal nie. Dit word dikwels geopenbaar wanneer ons luister na mense by 'n vleisbraaiery, in die winkels, in vergaderings en op straat. 'n Mens hoef net te kyk na die koerante oor die afgelope paar dae, oor wat by die kerk in Rocklands gebeur het - waaroor hierdie Regering oorverdowend stil was; wat nou in Nuweland gebeur met betrekking tot die sokkerkwessie, wat die agb Minister van Vervoer, Sport en Ontspanning nog in die pers moet noem, en wat niemand aan daardie kant van die Huis in hierdie debat genoem het nie; en wat in baie van die skole gebeur, soos ons gister bespreek het.

Wat hierdie rassisme ten grondslag l, is die maatskaplike en ekonomiese posisie van mense in hierdie land. Dit gaan nie verander deur dit te ignoreer nie. Dit bring my by my eerste bekommernis in die Openingsrede van die agb Premier. Die agb Premier het ges, en ek haal aan:

Ek doen 'n beroep op agb lede aan beide kante van die Huis - laat ons instem om saam te werk om die Wes-Kaap uit te bou. Laat ons nie ras gebruik as 'n middel om te verdeel nie. Laat ons eerder ons gemeenskaplike doel as 'n katalisator vir rasse-eenheid gebruik.

Daar is dele daarvan waarmee ons kan saamstem - veral om te poog om saam te kom oor gemeenskaplike kwessies - maar as hierdie sin bedoel dat ons rassekwessies moet ignoreer en die verskille moet ignoreer wat in die verlede in hierdie land deur ras veroorsaak is, kan ons nie bymekaar kom nie. Dit is algemeen in DA-kringe - en die agb Minister van Behuising het dit weer vandag genoem in antwoord op die agb lid mnr McKenzie - om mense van rassisme te beskuldig sodra hulle die woord "ras" noem. Sodra 'n mens 'n woord noem wat na kleur verwys, is jy 'n rassis, sonder om te kyk na die inhoud of die betekenis van wat ges word.

Mnr die Voorsitter, ek wil die agb Premier verwys na 'n berig in die jongste uitgawe van Politikon 27(2)2000, en vir diegene wat nie die publikasie lees nie, dit is 'n lyfblad van die Suid-Afrikaanse Politieke Wetenskapvereniging. In daardie uitgawe is daar 'n artikel met die titel, "The emergence of new identities in the Western Cape", en dit is geskryf deur twee akademici by Stellenbosch, Bekker en Cornelissen, en twee akademici van oorsee, Leild en Horstmeier, wat nouliks geharde kommuniste en geharde ANC-ondersteuners is. Na baie noukeurige navorsing en nadat hulle onderhoude met 'n groot aantal mense in die provinsie gevoer het, het hulle tot hierdie slotsom geraak, en ek haal aan:

	Race formed an integral part of the rank and file residents' discussion of themselves and those around them, while leaders laundered all reference to race from their discussions.

Met ander woorde, gewone mense praat voortdurend oor ras, maar leiers, veral aan daardie kant van die Huis, probeer om dit weg te laat uit alles wat hulle s.

Hulle gaan verder om te s:

	It is certainly true that South African racial identity is meaningful to most residents, a fact that leaders ought to consider when they choose to cleanse their public discourse of such illusions. Nonetheless, race is rarely the primary source of meaning and indeed becomes primary in specific circumstances: in the presence of ignorance and extended racial socialisation, in the presence of marginalisation and a lack of alternative sources of pride and self-esteem and in the presence of enduring economic deprivation.

Wat hierdie geleerde mense klaarblyklik probeer s, is dat ons die kwessies wat rassisme in hierdie land veroorsaak, moet aanspreek.

Mnr die Voorsitter, soos ek ges het, gaan ons nie hierdie probleme oorkom deur die kwessies te ignoreer nie. Ons het 'n moeilike stryd om een nasie in di land te bou na 300 jaar van verdeling in hierdie land, in verskeie groepe, in verskeie rassegroepe en in verskeie gebiede waar verskillende mense moet bly.

Die eerste punt wat ons moet stel om rassisme te oorkom, is dat ons een nasie in hierdie land moet bou. Daardie kant van die Huis probeer in werklikheid voortdurend om hierdie provinsie voor te stel as buite die res van die nasie wat ons bou. As ons voortdurend na daardie kant van die Huis luister, is die Wes-Kaap nie deel van Suid-Afrika nie; die Wes-Kaap is nie onderworpe aan die probleme van die res van Suid-Afrika nie en daardie probleme is dus nie ons probleme nie. Dit is wat daardie kant van die Huis voortdurend aan die mense van hierdie land s. Wanneer mense van die res van die land na die Wes-Kaap kom, is dit 'n "instroming" van mense van buite die provinsie. Dit is dieselfde woorde wat die Nazi's in Duitsland gebruik het en dit is dieselfde woorde wat in Brittanje deur die National Front gebruik word - die "instroming" van buite. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Voorsitter, dit het praktyk aan die DA-kant geword om die verlede van die ANC op te haal. Dit lyk of die DA skielik die Freedom Charter steun; skielik erken die DA die bydrae van Hoofman Albert Luthuli in hierdie land; en skielik is die voormalige President Mandela - wat hulle 27 jaar lank tronk toe gestuur het en wie, toe hy President was, voortdurend in die spervuur van hulle leierskap was - nou 'n engel. [Tussenwerpsels.] En dit alles word gedoen om opposisie teen die huidige ANC, soos dit vandag bestaan, op te bou. Die agb lid mnr Silke het vandag in daardie trant voortgegaan.

Ek vind dit baie interessant dat die Adjunkleier van die DA, Marthinus van Schalkwyk, uiteindelik die moed gehad het om na Cradock te gaan en na KwaZulu-Natal te gaan om die familie van Hoofman Albert Luthuli te ontmoet.

Mnr R J KING: Is dit nie goed vir nasiebou nie?

Mnr M OZINSKY: Dit is 'n begin. Maar die punt is ...

Mnr R J KING: Waarom kritiseer jy dit?

*Mnr M OZINSKY: Maar die punt is, wanneer gaan hulle in di Provinsie sy leiding volg? Wanneer gaan ons sien dat die Premier van die DA die rol van die Gools in hierdie provinsie erken? Wanneer gaan hy die rol erken van Alex Leguma, wat hulle uit hierdie land gegooi het, maar wyd erken word as een van die beste skrywers wat hierdie land al ooit voortgebring het? Wanneer gaan hy die rol erken wat Moses Kotane in Distrik Ses gespeel het om rasse-eenheid uit te bou? Wanneer gaan hy Ashley Kriel se familie besoek? Of sal hy voortgaan soos die agb lid mnr Isaacs, wat voortgaan om mense te beledig wat hul lewens en hul voorregte afgel het om apartheid te beveg? Is hy van plan om voort te gaan om die voorbeeld van die Unistad Burgemeester, Peter Marais, te volg, wat die vermetelheid het om te s dat die President van hierdie land in ballingskap geleef het terwyl mense hier gely het? Is dit die argument wat hy gaan gebruik om nasionale eenheid en rasseverdraagsaamheid in hierdie land uit te bou?
Mnr die Voorsitter, ek wil vir die Hoofsweep van die DA s dat my familie ook boere was. Ek skat dat die meeste van my familie langer in die land is as sy familie. Maar ek is bereid om te aanvaar wat hulle aan die inheemse mense van die land gedoen het. Wanneer gaan hy daardie stap doen?

Mnr R J KING: Wat s jy van die boere wat so doodgemaak word?

*Mnr M OZINSKY: Mnr die Speaker, ... [Tyd verstreke.]

*Die MINISTER VAN OMGEWING- EN KULTUURSAKE: Mnr die Speaker, voordat ek die toespraak begin wat ek voorberei het, voel ek dat ek verplig is om vandag iets polities in die Huis te s. Ek was nie van plan om 'n politieke toespraak te lewer nie, maar ek dink ek moet 'n paar opmerkings maak na wat in die Huis ges is.

In die eerste plek is die agb lid mnr McKenzie bitter oor die koalisieregering omdat hy op die verkeerde skip gespring het. [Tussenwerpsels.] Ek is reg. In die tweede plek, ten spyte van die kritiek oor die beste pogings van hierdie kant van die Huis, is die Regering na 18 maande as 'n koalisieregering en ses maande as die DA-regering, aanvaar deur die kiesers van die Wes-Kaap. Ek wil dit aandui, nie met windmakerige statistiek soos vandag hier aangehaal is nie, maar met 'n eenvoudige grafiek wat die resultate van die verkiesing toon en wat selfs daardie kant van die Huis kan verstaan. [Tussenwerpsels.]

Die DA is blou en die ANC is oranje aangetoon. Mnr die Speaker, die Wes-Kaap is blou - baie blou. [Tussenwerpsels.] Dit geld ook die galery. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, die kiesers van die Wes-Kaap het gepraat en dit is nou ons plig om met die werk voort te gaan.

*Mnr G R STRACHAN: Ek het gedink jy het ges jy gaan oor die politiek praat.

*Die MINISTER: Dit was Glen Adams, die LUK; ek wil nou Glen Adams, die Minister, aan u voorstel. [Tussenwerpsels.]

*Mnr G R STRACHAN: Kan ons 'n bietjie politiek h? Die tyd vir politieke posering is verby. [Tussenwerpsels.]

*Die SPEAKER: Orde! Orde! Orde! Ons moet die agb Minister die geleentheid gee om sy toespraak te lewer. [Tussenwerpsels.] Orde! Orde!

*Die MINISTER: Mnr die Speaker, die mense het gepraat en ons het ons mandate. Dit is nou die tyd om aan die werk te spring en om voort te gaan om die werk uit te bou wat ons in 1999 en 2000 begin het. Ons moet nou verseker dat die strukture en prosesse wat reeds in plek is, resultate oplewer en dat mense besef dat hierdie Regering tot hul voordeel werk.

Wat dit in rele terme vir hierdie Ministerie en departement beteken, is dat daar sigbare en tasbare veranderings sal moet wees in die wyse waarop mense die omgewing en kultuur ervaar. Die grondslag hiervoor is in die jaar 2000 gel, en ek wil net een voorbeeld noem - die skoon omgewingsdoelwit waarna die agb Premier verwys het. Hierdie doelwit kan slegs deur middel van samewerkende regering bereik word, en, soos die agb Premier aangedui het, die samewerking van die burgers van ons provinsie. Dit is reeds gedeeltelik aan die gang en ons het reeds samewerking en "inkoop" van die stad, nasionale kleinhandelaars, herwinnaars en vervaardigers. Ek sal ook vandeesmaand 'n huishoudelike afvalskeidingsprojek in Mitchells Plain van stapel stuur, wat deur ons genisieer is en deur middel van die nasionale armoedeverligtingsfondse gefinansier word.

Mnr die Speaker, aan die kulturele sy het ons reeds die fenomenale sukses van die Kaapse Klopse gesien, en teen die einde van vanjaar sal ons 'n straatfees h waar al die burgers van Kaapstad die unieke Kaapse viering van Tweede Nuwejaar kan ervaar.

In beide Kultuur en die Omgewing sal ons nie neerbuigend teenoor ons mense wees deur ho kultuur na hulle te neem of om hulle oor omgewingsaangeleenthede te kasty nie. In plaas daarvan sal ons hul eie positiewe ondervindinge en uitinge erken deur dit aan te moedig en te promoveer. Inteendeel, ons sal die uitvoerende kunste en die natuurlike omgewing toegankliker vir mense maak deur middel van verskeie inisiatiewe wat daarop gemik is om skeidsmure af te breek en die struikelblokke te verwyder wat hulle tekom.

Daarbenewens, mnr die Speaker, glo ons dat mense wil sien dat dinge werk en dat dinge funksioneel is. My portefeuljes sal dus inderdaad - en moet - funksioneel wees vir die mense van die Wes-Kaap. My doelwit is om hulle in staat te stel om 'n direkte skakeling te maak tussen die werk van die departement en die verbetering van hulle ondervinding, in plaas daarvan dat my pogings tot 'n moeras van burokrasie aanleiding gee, wat die uitspoeg van 'n eindelose reeks beleidsrigtings tot gevolg het wat nooit die lig sien nie.

Ek sal daarop konsentreer dat 'n skoonmaakproses in werklikheid plaasvind, in plaas daarvan om tyd en hulpbronne aan beleidsrigtings te bestee oor hoe dit moet plaasvind. Ons moet toesien dat omgewingsinvloedbeoordelings gedoen word en verwerk word met die oog daarop om 'n resultaat te bereik, in plaas daarvan om 'n beleid te ontwikkel oor wat die beste manier is om 'n OIB te doen. Ek sal verseker dat ons met plaaslike regering in gesamentlike omgewingsinisiatiewe saamwerk, in plaas daarvan om te praat oor hoe ons met plaaslike regering sal saamwerk. Die klem sal daarop wees om te verseker dat ons werk 'n tasbare en sigbare resultaat het.

*Mnr G R STRACHAN: Maar julle het geen plan nie.

*Die MINISTER: Al julle planne l iewers in argiewe.

Mnr die Speaker, daar sal insgelyks van die Kulturele Kommissie verwag word om tasbare en sigbare resultate van die ondervindinge van mense en in die kunste te lewer. Werkersklaskunsvorme en kulturele segswyses sal erken word as geldige kunsvorme in eie reg. Daar is baie gewilde kunsvorme wat baie dikwels nie erken word nie, of as minderwaardige kunsvorme erken word. Ek het reeds die Kaapse Klopse genoem, maar daar is ook verskillende soorte handwerk, baldansery, Kersfees en Maleier kore en soortgelyke kultuurvorme wat ek sal bevorder.

Vanjaar sal ons weer eens die simfonie-orkes, ballet en opera befonds, maar so sal ons ook die Noordsee Jazz Fees befonds as deel van ons verbintenis om iets vir almal te h. Vir die jaar wat voorl sal ons daarop fokus om kultuur en kunste toegankliker vir almal te maak, en om na innoverende wyses te kyk om gehore wat as gevolg van hul omstandighede benadeel is, by plekke te kry. Mense wat kulturele byeenkomste wil bywoon, maar dit as gevolg van die een of ander struikelblok of verhindering nie kan doen nie, moet bygestaan word. Dit is die enigste wyse waarop ons gehore werklik verteenwoordigend van die mense van die Wes-Kaap kan wees.

Mnr die Speaker, samewerkende regering gaan alles oor saamwerk. Oor die volgende paar jaar het ons 'n wonderlike geleentheid om nou met die nuwe Unistad saam te werk. My Ministerie is gelukkig om goeie verhoudings met my nasionale eweknie te h, wat ons in 'n uitstekende posisie plaas om ons doelwitte deur middel van die samewerking van alle regeringsfere te bereik.

Samewerkende regering sluit egter die samewerking van al die agb lede van hierdie Huis in. Ek glo vas dat ons soveel meer kan bereik indien ons saamwerk. Ek het vantevore die aanbod in die Huis gemaak dat ek ten gunste daarvan is indien enige agb lid deelneem en 'n rol speel in die werk van my Ministerie en departement. Dit is 'n ernstige aanbod wat daarop gemik is om die beste moontlike resultaat vir al die burgers van die Wes-Kaap te verkry.

Mnr die Speaker, ek aanvaar dat ons van verskillende kiesafdelings binne ons eie party en binne die opposisie afkomstig is, maar die feit van die saak is dat ons in hierdie Huis al die mense van die Wes-Kaap verteenwoordig. As die Regering van die dag regeer ons al die mense en hulle is almal ons burgers, afgesien van watter kiesafdeling hulle afkomstig is of wie beweer dat hy hulle verteenwoordig. In hierdie verband kan ek net die beroep deur die agb Premier vir eenheid met dienslewering onderskryf.

Aan die ander kant aanvaar ek dat lede van die opposisie 'n deurslaggewende rol het om as opposisie te speel. Ek moedig hul deelname in hierdie verband aan want dit is in die belang van goeie regering dat my optrede en besluite onder die loep geneem word.

Ek doen egter 'n beroep op die opposisie om nie in opposisie betrokke te raak wat dienslewering belemmer nie. Ek aanvaar dit as 'n basiese premisse dat ons almal, 'n ieder en 'n elke agb lid, hier is omdat ons patriotte is en die belange van die provinsie op die hart dra. Laat die opposisie as sodanig konstruktief wees tot voordeel van dienslewering. Dit is in niemand se belang om die verdelings in 'n gemeenskap wat reeds volgens rasse en etniese lyne verdeel is, te vererger nie.

Mnr die Speaker, die Wes-Kaap is in baie opsigte uniek. Laat daardie uniekheid en kultuur, demografie en omgewing ons verenig - nie verdeel nie. Ek doen 'n beroep op die opposisie om met my saam te werk om die klowe te oorbrug. As ons net dit kan bereik, sal ons goed op pad wees na 'n beter toekoms vir ons almal.

Laat hulle lank in opposisie bly!

*Mnr Y GABRU: Mnr die Speaker, die afgryslike en onmenslike armoede wat in ons stad heers, is so aftakelend dat dit ongelooflik is dat daar so baie mense is wat steeds hul geestesgesondheid behou en wetsgehoorsaam is.
Ek dink in die besonder aan die plakkerskamp in Langa, wat Joe Slovo genoem word. Ek was 'n paar weke gelede daar omdat mense 'n skool van een gebied na 'n ander wou verskuif. Ek kon nie glo wat die inwoners wou doen nie. Hulle wou die skool verskuif na 'n gebied wat langs 'n oop riool gele was. Dit skaam my om te s dat net die stank in die gebied my uit die plek verdryf het. Ek kon nie langer as 'n halfuur daar bly nie.

Die bestaan van hierdie soort smerigheid en armoede is niks om op trots te wees in hierdie provinsie nie. Ons het sedert 1994 'n demokrasie gehad en daar is mense wat vir baie langer as dit in hierdie Regering was en daar bestaan steeds so baie armoede en aftakeling dat ons almal ons hoofde in skaamte moet laat hang.

Mnr die Speaker, ek wil praat oor die aanvalle op die N2. Ek weet dat die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, wat nie nou hier is nie, nie glo dat armoede enigiets met misdaad te doen het nie. Dit is geboekstaaf dat hy ges het dat hierdie twee dinge nie met mekaar verband hou nie. Ek hoop dat wanneer hy sy toespraak hou, hy oor die oorsake van misdaad en so meer sal praat. Soos die meeste ander verstandige en geleerde mense in die wreld is ek vas oortuig dat daar 'n direkte verband tussen armoede en misdaad is. Enigiemand wat glo dat 'n mens die twee kan skei, weet hoegenaamd nie waarvan hy of sy praat nie. Ek hoop dat ander mense in die DA met hul agb Minister sal begin praat.

Ek wil nie verkeerd verstaan word nie, maar die mense wat hierdie misdade pleeg - die geweld en hierdie ongelukkige sterftes - moet voor die gereg gebring word. Ek wil die Huis uitdaag om te oorweeg om die mense te besoek wat aan die oostekant van die N2 leef. Ek wil die Huis uitdaag om as 'n projek besoek af te l by die plakkerskampe by Barcelona en Lusaka. Ons moet almal hierdie mense as 'n groep besoek om te kyk na die toestande waarin hulle leef en met hulle praat. Ons sien dit net wanneer ons op die N2 verby ry - sommige van ons, in elk geval - en 'n kykie kry van die afgryse wat agter die muur bestaan.

Mnr die Speaker, ek wil voorstel dat ons almal daardie mense gaan besoek, met hulle praat en kyk na die wyse waarop hulle leef. Ons moet nou in die somer soontoe gaan wanneer dit 35 gaan wees en hulle in daardie sink pandokke moet woon. Hulle is ook altyd omring deur vuilgoed. Ons moet ook gedurende die winter soontoe gaan wanneer dit 5 is en die wind en die ren deur die huise stroom en dan die mense vra wat hulle dink die oplossing is en waarom hulle dink dat sommige van hulle betrokke raak by sulke sinlose aktiwiteite soos om bakstene en so meer van bre af te gooi.

Ek wil h dat ons soontoe moet gaan en hulle besoek en dan terugkom en 'n bespreking met verteenwoordigers van daardie gebiede voer om te kyk of ons nie 'n oplossing vir die probleem kan vind nie. Miskien kan ons as 'n Provinsiale Parlement dan oor 'n jaar s dat ons 'n Provinsiale Parlement vir al die mense is en dat ons daarin geslaag het om ten minste in een bepaalde gebied iets te doen. Miskien kan ons iewers 'n plek vind om die R10 miljoen in die Kantoor van die Direkteur-generaal te bestee wat voortdurend oorgerol word. Ek stel dit as 'n uitdaging aan die Huis.

Ek wil ook die Huis uitdaag om iets oor Manenberg te doen. Dit is jammer dat die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid en die agb Minister van Onderwys nie hier is nie, want hulle het so baie oor die matriekslaagsyfer en so meer gespog. Die werklikheid is dat by Manenberg Horskool, in daardie groot gebied waar baie kinders skool bywoon, die matriekslaagsyfer 34 was. Ek wil h dat die opvoeders aan daardie kant van die Huis vir my moet s wat hulle dink die aantal vrystellings was. Daar was geen kinders wat met vrystellings by Manenberg Horskool geslaag het nie. Uit die 34 kinders wat geslaag het, het nie een van hulle 'n vrystelling om universiteit toe te gaan nie. Presies dieselfde ding het in Modderdam gebeur. By Modderdam Horskool was daar nie 'n enkele kind wat met 'n vrystelling geslaag het nie. By Arcadia Horskool was daar vyf kinders uit 51 wat met 'n vrystelling geslaag het.

Mnr die Speaker, ek het saam met my kollega die agb Leier van die Opposisie na die huis van die jong meisie, Karen Adriaanse, gegaan wat op die eerste skooldag geskiet is. Ek huiwer 'n bietjie om te s wat ek gaan s, want ek wil nie h dit moet negatief op die familie reflekteer nie, maar ek het die vermoede gehad dat daar byna 'n gelate aanvaarding in daardie familie was oor wat gebeur het. Dit was byna asof dit te verwagte was dat mense in daardie gebied sou sterf op die wyse waarop dit gebeur. Ons het daarna rondgegaan en 'n paar mense ontmoet, want dit is die agb Leier van die Opposisie se kiesafdeling.

Die tragedie van arm mense op die Kaapse Vlakte is dat hulle aanvaar wat abnormaal is as normaal. Hulle dink nie daar is iets verkeerd as mense op mekaar skiet van die een kant na die ander nie. Wanneer hulle met ons daaroor praat, is dit asof dit 'n normale gebeurtenis is.

Ek wil nog 'n uitdaging aan die Huis voorl en ek wil h dat ons dit moet doen in die konteks van die agb Premier se doelwitte vir vanjaar. Terloops, toe ons daardie dag daar was, het ons gevind dat daar nie net een sterfgeval in die gebied was nie, maar dat ten minste vier of vyf mense gedood is wat ons nie eens van geweet het nie. Natuurlik, net 'n week daarna lees ons van die bendegeveg in Hanover Park waarin vier of vyf ander mense gedood is.

*Mnr G R STRACHAN: Mnr die Speaker, op 'n punt van orde: is dit toelaatbaar vir die agb Minister van Finansies, Besigheidsbevordering en Toerisme om in die Huis koerant te lees?

*Die MINISTER VAN FINANSIES, BESIGHEIDSBEVORDERING EN TOERISME: Mnr die Speaker, ek lees beslis nie die koerant nie. Dit is die koerant waaruit ek vroer aangehaal het wat op my bank l.

*Die SPEAKER: Orde! Ek aanvaar die agb Minister van Finansies, Besigheidsbevordering en Toerisme se verduideliking. Dit word nie in die Huis toegelaat nie. Die agb lid mnr Gabru mag voortgaan.

*Mnr Y GABRU: Dankie, mnr die Speaker.

Mnr die Speaker, die agb Premier het oor veiligheid gepraat. Ek wil werklik h dat hy iets moet doen aan die veiligheid van die mense in Manenberg. Ek rig weer eens die uitdaging dat ons as 'n Huis saam na Manenberg toe moet gaan. Die opposisie daar oorkant, die regerende party, is sedert 1994 hier aan die bewind. Baie van hulle is sedert daardie tyd hier. Sommige van hulle het 'n verbintenis met die vorige regerings. Wat sommige van hulle betref, regeer hulle hierdie provinsie al vir 'n lang tyd, maar sedert 1994 was daar geen verandering in Manenberg nie. Dit het erger geword. Die bendebedrywighede het erger geword, die neem en verkoop van dwelms het erger geword en die hopeloosheid van die burgers het erger geword. Ek wil die agb Premier vra om dit as 'n uitdaging te aanvaar en dan kan ons miskien poog om die bendes daar uit te daag en om die veiligheidskameras in hierdie stad te plaas waar hulle benodig word.

Die agb Premier het oor ekonomiese ontwikkeling gepraat. Ek wil sien dat die uitdaging na Manenberg geneem word. Net langs Manenberg is daar groot oop stukke grond. Ek wil sien dat ons 'n bietjie ekonomiese ontwikkeling daar doen. Ek dink dit is die punt wat die agb Leier van die Opposisie gemaak het. Terwyl ons poog om die veiligheidstelsel te verander, is ons in 'n posisie om werkgeleenthede te bied aan die mense wat in Manenberg woon.

Die agb Premier het ook oor die skoonmaakveldtog gepraat. Ek wens dat die agb Minister van Omgewing- en Kultuursake, wat nie nou hier is nie, na Manenberg sal gaan sodat hy kan sien dat dit elke dag van die week 'n vieslike gebied is. Elke dag van die week is die plek absoluut vieslik. Ek wil h dat hy die uitdaging moet aanvaar dat hierdie Huis iets oor Manenberg doen. Ek wil agb lede s waarom. Baie mense fokus op Manenberg, en as ons werklik die toestand van die armes gaan verander en dit in Manenberg kan doen, sal ons die voorste provinsie in hierdie land word.

Die Regering hier moet beoordeel word aan wat hy vir die armes van hierdie provinsie doen. Die rykes kan, oor die algemeen, na hulself omsien. Dit is die armes wat sonder hoop is, geen opvoeding het nie en geen toegang tot werkgeleenthede het nie waarna hierdie Regering moet omsien.

Mnr die Speaker, dit is die drie gebiede waarna ons as 'n Provinsiale Parlement kan kyk. Ek wonder of die DA die uitdaging sal aanvaar. Ek is bevrees dat hulle dit nie gaan doen nie. Die DA ly aan presies dieselfde ding waaraan die ou NP gely het. Ek was 'n bietjie verbaas om die agb Minister van Finansies, Besigheidsbevordering en Toerisme te hoor praat oor verkiesingsuitslae en dalende steun. Hy sal baie weet omtrent dalende steun, want hy het aan 'n NP behoort wie se steun in hierdie Huis van 1994 af tot die laaste verkiesing toe van meer as 50% tot onder 50% gedaal het. Ons almal weet dat die NNP net gered is omdat hy kragte met die DP saamgesnoer het. Ons weet presies wat gebeur het toe hierdie twee partye saamgevoeg is. Dit is dieselfde kieserskorps. Hulle was op die uitkyk vir sogenaamde kleurling kiesers, maar die party word steeds deur witmense gelei. Hulle sal dieselfde teenstrydigheid h as wat die NNP gehad het, omdat hulle nie die twee kieserskorpse wat hulle gesamentlik het, kan moniteer nie. Aan die een kant het ons die arm werkersklaskiesers wat net goed genoeg is om vir hulle te stem, en wat hulle dan doen, is om om te sien na die behoeftes van die ander kiesers wat die party beheer. [Tyd verstreke.]

Die MINISTER VAN VERVOER, SPORT EN ONTSPANNING: Mnr die Speaker, ek wil graag reageer op die toesprake van die agb lede mnre Strachan en Ozinsky, wat onder meer oor die sokker by Nuweland gepraat het. Die agb lid mnr Strachan het 'n saak van rassisme uitgemaak oor waarom 'n sekere groepie mense kwansuis rassiste sou wees omdat hulle beswaar gemaak het. Ek wil my absolute afkeur daaraan in die Huis uitspreek. Ons erken geen rassiste nie. Aan hierdie kant van die Huis is daar geen rassiste nie. As daar steeds rassiste aan daardie kant van die Huis is, moet hulle opstaan en hulself bekend maak. [Tussenwerpsels.]

Ek wil die bestuur van Nuweland amptelik hier bedank omdat hulle daardie wedstryd op Nuweland laat plaasvind het. Die enigste ding wat ons in hierdie land kan doen, is wat die agb lid mnr Ozinsky probeer s het, en dit is dat ons mekaar oor kleurgrense heen moet vind. Wanneer daardie dag aanbreek, sal daar minder in hierdie Huis en in ander Huise oor rassisme gepraat word; ... [Tussenwerpsels.] ... dan sal ons van sport praat. Ons sal van rugby, sokker en krieket praat. Ons sal nie meer praat oor wie die mense is wat aan daardie wedstryde deelneem nie. Ons sal net s dat ons krieket, rugby en sokker gaan speel. Dit is wat ons in hierdie land vir mekaar moet s. [Tussenwerpsels.]

Die agb lid mnr Ozinsky het ges dat ons na mekaar moet uitreik. Die agb Premier het ges dat niemand in die provinsie moet voel dat hy nie as 'n helpende hand onder die regering van hierdie land en hierdie provinsie staan nie. Ek stel dit nie presies soos hy dit gestel het nie, maar die bedoeling is dat almal gelukkig moet wees en moet voel dat die Wes-Kaapse Regering 'n regering vir al die mense in die provinsie is.

Meneer, wanneer gaan dit gebeur? Dit sal nie gebeur solank ons aan die een kant van die wal staan en klippe gooi na die mense aan die ander kant nie. Ons sal ons voete in die water moet sit en ons sal mekaar in die middel moet ontmoet; dan sal daar versoening kom. Ek wil graag groot gedeeltes van wat hy ges het, ondersteun. Dit sal ook van hom verg om in die middel van die rivier te kom en hand uit te steek, net soos wat dit van ons sal verg om na die middel van die rivier te gaan en ons hand uit te steek en mekaar te ontmoet.

Mnr die Speaker, ek wil graag die agb Premier gelukwens met die rigtinggewende Rede wat hy Dinsdag tydens die Opening van die Provinsiale Parlement gelewer het. Ek wil hom ook gelukwens met die positiewe inisiatiewe wat deur hom aangekondig is. Hierdie inisiatiewe kan beslis 'n werklikheid word as daar saamgewerk word om die ideale en aspirasies van die mense van die Wes-Kaap te bevredig. As ons die uitdagings van die dag in ag neem, sal daar beslis minder politieke haarklowery moet wees en meer dinamika verleen moet word aan die pogings wat die agb Premier gemeld het. Die agb Premier het in sy Openingsrede beslis 'n visie uitgestippel waarvan die opposisie deel kan wees om sodoende 'n beter plek vir al die mense van die Wes-Kaap te verseker. Ons wil die agb Premier se hand sterk, want hy het 'n sterk mandaat vir sy visie van die mense van die Wes-Kaap ontvang.

Die afgelope plaaslike verkiesing het bewys dat die mense van die Wes-Kaap die agb Premier en sy Regering vertrou met die magdom van vraagstukke wat aangespreek moet word. Die tyd het beslis aangebreek dat die belange van die mense ook deur die opposisie eerste gestel behoort te word. Konstruktiewe deelname en samewerking sal hierdie jaar die wagwoord moet wees.

Mnr die Speaker, die opposisie is beslis nog in 'n warboel na die verkiesing. Dit lyk asof die bosberaad ook nie veel gehelp het as 'n mens na die agb Leier van die Opposisie luister nie. [Tussenwerpsels.] Sy repliek getuig daarvan dat daar geen rigting is nie en dat net gehamer word op 'n ou afgesaagde retoriek.

*Dit is 'n werklikheid dat die vertroue en geloof van die publiek in die politieke leierskap in die land en in die opposisie in hierdie Huis vinnig aan die afneem is. Die Wes-Kaap, onder die leierskap van die agb Premier, staan uit teen hierdie somber agtergrond as 'n vooruitstrewende plek om in te woon en in te werk. En dit is die vernaamste rede waarom mense van ander provinsies en van oorsee na die Wes-Kaap stroom, ten spyte van die misdaad en geweld wat ons ondervind.

Die optrede wat deur my kollega die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid gemplementeer gaan word om die polisiemag te versterk, toon dat hierdie Regering bereid is om die uitdaging te aanvaar om die Wes-Kaap 'n veiliger en beter plek te maak om in te leef. Die tyd het aangebreek dat sy eweknie op nasionale vlak wakker word en leierskap in hierdie verband verskaf. Ons moet onthou dat ons mense tereg integriteit in politieke leierskap eis, en dit is ons plig om sulke leierskap te verskaf, nie net in die provinsie nie, maar dwarsoor die land.

Mnr die Speaker, die afgelope tyd is 'n opwaartse swaai in besigheidsaangeleenthede ondervind, wat ons sal moet stimuleer om verdere groei en werkgeleenthede te skep. Dit is een van die grootste prioriteite wat die agb Premier gestel het en wat ons almal deel, ook die agb Leier van die Opposisie. Dit kan en moet gedoen word, maar dit kan alleen gedoen word teen die agtergrond dat korrupsie oral in die land vasgevat word. Ons vriende aan die anderkant van die vloer sal hul kant moet bring om te bewys dat hulle ernstig is. Die wapenskandaal, die Vigs-debakel, en so meer, bewys dat die opposisie die volk se aspirasies ondermyn en die pad van vooruitgang byster geraak het.

Die repliek van die opposisie belig juis hul onbeholpenheid. Die kiesers hulle 'n deeglike loesing gegee het, omdat hulle die opposisie nie met regering kan vertrou nie. Dit is waarom die opposisie elke keer na grashalms gryp om die regering in die Wes-Kaap in 'n swak lig te stel. Die mense is totaal deur hulle ontnugter en daarom sal hul aanslag om stemme te werf nie veel vrugte afwerp nie, ten spyte van die bosberaad op Citrusdal.

Die LEIER VAN DIE OPPOSISIE: U klink nie entoesiasties nie, u moet lekker praat.

Die MINISTER: Ek sal lekker praat wanneer ons by mekaar uitkom. [Gelag.] Daar moet kritiek wees, maar dit moet opbouend gedoen word tot voordeel van die mense daar buite.

Mnr P C MCKENZIE: Viva, Anwar! Viva!

Die MINISTER: Ja, dit is goed so.

Mnr die Speaker, die agb Premier het in sy Openingsrede hierdie Provinsie se prioriteite uitgestippel, en dit is vir my 'n voorreg om my en my departement daaraan te verbind. Die veiligheid van ons mense wat openbare vervoer moet gebruik, l vir my na aan die hart. Ons is van plan om by wyse van 'n diensvlakooreenkoms 'n spesiale taakspan in samewerking met Gemeenskapsveiligheid op die been te bring, gerugsteun deur die Begroting, om spesifiek na die wettige bedryf van openbare vervoer om te sien.

Ten opsigte van ekonomiese groei as tweede prioriteit is dit insiggewend dat ons kapitaalfondse juis aangewend word vir die opgradering en instandhouding van ons primre provinsiale roetes waarop die ekonomie steun.

Die grootste gedeelte van die fondse wat by wyse van die Aansuiweringsbegroting aan Vervoer vir die 2000-01-boekjaar toegeken word, sal bydra tot verskeie projekte, naamlik die Worcester-Robertson-pad, die Agter-Paarl-pad, die Vredenburg-Saldanha-verbinding en die Klipheuwel-Malmesbury-pad, wat toenemende kommersile vervoer dra.

Die Departement van Vervoer is ook bedrywig met die bevordering van plattelandse ontwikkeling by wyse van toegangspaaie na kleiner gemeenskappe en openbare vervoerstudies om dienslewering te verbeter. Met betrekking tot die skoonmaak, mooi maak en verwelkoming in die provinsie sal die Departement van Vervoer sy deel doen. Dit l ons na aan die hart. Ek sal by die tertafellegging van my Begroting in meer detail hierop ingaan.

*Mnr die Speaker, die Aansuiweringsbegroting vir 2000-01 vir Sport en Ontspanning is soos volg. Soos agb lede bewus is, bly die Begroting vir Sport en Ontspanning een van die uiters onderbefondste mandate in die Provinsie en in die land. Suid-Afrika is 'n sportliewende nasie, maar ongelukkig lyk dit nie of sy deelnemingsyfer aan sport hiervan getuig nie.

Minder as 10% van Suid-Afrikaners neem aan die formele sportopset deel en dit is my departement se doelwit om die aantal persone wat sport beoefen, te verhoog. Dit ly geen twyfel nie dat die voordele van deelname aan sport vir ons gemeenskap verder as 'n aktiewe gesonde lewenstyl sal uitbrei tot gebiede soos die hantering van die antisosiale gedrag van ons jeug en sal bydra tot die konsep van nasiebou. Sport is dus 'n belangrike wapen in ons soeke om die lewens van ons burgers te verbeter.

As 'n mens di stelling gemaak het, is dit ook nie 'n geheim nie dat terwyl die stedelike gebiede van Suid-Afrika in die algemeen, en die Wes-Kaap in die besonder, oor 'n aantal sportgeriewe beskik, die meeste hiervan gele is weg van die groot meerderheid van ons mense, terwyl daar op die platteland 'n groot tekort aan sportgeriewe is. Met dit in gedagte het my departement R250 000 in die Eerste Aansuiweringsbegroting vir sportgeriewe bewillig. Hierdie bewilliging sal op die platteland bestee word.

Die Tweede Aansuiweringsbegroting is R111 000, waarvan R40 000 bewillig is vir die verbetering van die diensvoorwaardes van personeel. [Tussenwerpsels.] Daar is 12, 13 mense in daardie departement. Die agb lid moet onthou dat die ANC daardie departement bestuur het. [Tussenwerpsels.] Hulle het 'n Minister gehad, mnr Kalako. Hulle het die hele departement gehad en niks het gebeur nie. [Tussenwerpsels.] Noudat ons daar is, gebeur daar iets. [Tussenwerpsels.]

Die SPEAKER: Orde!

Die MINISTER: Ons probeer om die geld te gee. [Tussenwerpsels.] Die agb lid mnr N M Isaacs het vroer ges dat my departement R1,39 miljoen aan sportgemeenskappe en plaaslike owerhede toegeken het om sportfasiliteite in hoofsaaklik agtergeblewe gebiede daar te stel.

Mnr P C MCKENZIE: Maar nou gee u net R500 000. Dit is verkeerd.

Die MINISTER: Wat het mnr Kalako gedoen? [Tussenwerpsels.] Hy het slegs potjiekos-kompetisies gehou. [Gelag.]

*Mnr die Speaker, my departement is betrokke by die organisering van groot sportgeleenthede en in die besonder by die ABSA Atletiekreeks ... [Tussenwerpsels.] ...

Die SPEAKER: Orde! Orde!

Die MINISTER: ... en die Engen Grand Prix Atletiekreeks. Ten einde jongelinge aan te moedig om aan sport deel te neem, is dit belangrik om hulle aan die werklike situasie op grondvlak bloot te stel. 'n Deel van ons bewilliging, dit is R20 000, sal dus gebruik word om kinders van benadeelde agtergronde na hierdie byeenkomste te vervoer.

Mnr P C MCKENZIE: Nuweland toe?

Die MINISTER: Ons doen dit gratis. Hulle hoef nie te betaal nie.

Mnr P C MCKENZIE: Nuweland toe?

Die MINISTER: Wat het die agb lid mnr McKenzie gedoen?

Mnr die Speaker, die oorblywende R51 000 is bewillig om te vergoed vir die verhoogde uitgawe deur my departement aan die Somer Spele ... [Tussenwerpsels.] Kom ons kyk daarna. Ons het ses Somer Spele-byeenkomste gerel. Die gevolg is dat soveel kinders in die vakansie belanggestel het dat ons nog 11 byeenkomste moes rel. Dit het meegebring dat daar in daardie periode 'n absolute vermindering in geweldsmisdade in daardie gebiede plaasgevind het. Dit is waarom ek s dat ons saam behoort te staan. Elkeen van ons moet R1 uit die sak haal en dit aan sport gee, eerder as om lekkers daarvan te koop. [Tussenwerpsels.]

*Mnr die Speaker, die Somer Spele-projek was 'n groot sukses wat meer as 15 000 kinders gedurende die skoolvakansie bereik het.

Soos dit duidelik blyk, is my departement betrokke by doelwitgerigte programme om te verseker ... [Tyd verstreke.]

*Mnr Z C STALI: Mnr die Speaker, dit verbaas my nie wanneer ek sien dat agb lede aan die ander kant woedend word wanneer rassisme in hierdie provinsie genoem word nie. Tydens die apartheidsjare het hulle ons leiers en ons mense gearresteer, en mense is selfs gearresteer omdat hulle die woord "apartheid" gebruik het of die woord "viktimisasie" in die werkplek genoem het. As agb lede genoeg mag gehad het, sou hulle ons selfs gearresteer het omdat ons die woord "rassisme" in hierdie provinsie noem, maar gelukkig het hulle nie die mag om dit te doen nie.

Eergister het die agb Premier luid en trots ges, en ek haal aan:

Regerings word aan hulle dienslewering gemeet ...
Dit is natuurlik heeltemal waar. Die wittes het vir hulle gestem en het sodoende vir die status quo gestem. Hulle kan die voordele meet wat hulle het en wat steeds aan hulle verskaf word. Hulle word ryker terwyl die armes niks het om hul voordele aan te meet nie omdat hulle armer word, en daardie agb lede s steeds dat dit 'n vry provinsie is en dat hulle tuis moet voel!

Mnr die Speaker, ek kan lewering meet. Nrens is die gebrek aan lewering deur die Regering van die agb Premier opvallender as in die swart Afrika-townships nie. Langa, Lwandle, Khayelitsha en die res van die townships steek soos 'n seer duim uit in die "welvarende provinsie waarin niemand agtergelaat word nie" - om die woorde van die agb Premier aan te haal.

Die armoede, smerigheid en ontbering is so 'n verleentheid vir die agb Premier en sy koalisievennote dat, op advies van sy beeldpoetser, geen melding op enige plek in sy Openingsrede na die bestaan van die townships gemaak is nie. Miskien het die agb Premier 'n aardrykskundeles oor die Wes-Kaap nodig en miskien, soos die res van sy party, wens hy ons weg.

Mnr die Speaker, laat my voortgaan. Ek wil 'n punt wat die agb lid mnr Strachan gemaak het, beklemtoon. Oor die afgelope week het ons weer gesien hoe ondersteuners van die Regering uit die lowerryke voorstad van Nuweland hul rassegal gebraak het oor sokkerondersteuners vanuit die townships. Inwoners van hierdie voorstad is onwillig om te aanvaar dat Nuweland nie meer 'n uitsluitlik wit gebied is nie en dat, as gevolg van apartheid, sportgeriewe in die townships f nie bestaan nie f die opgradering van die bestaande geriewe nie op die agenda van hierdie Regering is nie.

Kleurlinge in die gebied het met reg daarop gewys dat vir die wit inwoners die geraas van 50 000 gillende rugby-ondersteuners in die haak is. Die gejuig van 25 000 sokkergeesdriftiges, hoofsaaklik van die townships, steur egter hul Sondagagtermiddagslaap en hulle verwag dat ons dit nie rassisme moet noem nie.

Mnr die Speaker, die agb Premier het ook die jeug in hierdie provinsie gegnoreer. Statistiek wat deur misdaadintelligensie verskaf is, toon dat jeugdiges in die ouderdomsgroep 12 - 25 jaar verantwoordelik is vir 80% van misdaad wat in die townships gepleeg word. Hierdie kinders word by kriminele bedrywighede betrokke as gevolg van die skaarste aan sport- en ontspanningsgeriewe, en omdat die kinders niks het om na skool te doen nie.

Anders as hul wit eweknie kan hulle nie kies en keur tussen velde en geriewe wat nege uit die tien maal baie naby aan hul huise is en ten volle toegerus is nie. Al wat daardie agb lede voor hulle sien, is misdadigers en hulle wil hulle vaspen en in die tronk stop.

Die drie voorkeurprojekte van die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid kan en sal slegs slaag indien die jeug op die Kaapse Vlakte geakkommodeer word. Volgens my inligting is 'n bedrag van R3 miljoen wat vir die Olimpiese Bod gebruik moes word nie gedurende die afgelope boekjaar gebruik nie. Daardie geld kon aangewend gewees het vir die oprigting en opgradering van sportgeriewe vir die jeug. Die agb Premier moet onthou dat 'n kind wat aan sport deelneem 'n kind is wat nie in die hof is nie. Ons volgehoue en vredevolle toekoms is hierin gele.

Mnr die Speaker, die idee van die agb Premier om veiligheid vir die inwoners van die Wes-Kaap te verskaf, is werklik belaglik. Die gemiddelde weeklikse dodetal in bendegeteisterde Elsiesrivier, Bonteheuwel en Mitchells Plain maak 'n bespotting van hul sogenaamde verbintenis tot die bekamping van misdaad. Dwelmsmokkelary en die booshede wat daarmee saamgaan, is die hoogste in jare. Dit spreek vanself dat die pogings van hierdie Regering beperk is tot die westelike en noordelike segmente van die Metropool wat die agb Leier van die Opposisie so tereg daarop gewys het.

Die nuut aangestelde stasiekommissaris in Khayelitsha het ontdek dat senior beamptes, aangestel deur die agb Premier terwyl hy die Minister van Gemeenskapsveiligheid was - dit spyt my dat hy nie hier is nie - en deur sy opvolgers, die dissipline en toegewydheid ontbreek om wetstoepassingsbeamptes te wees. Tog praat die agb Premier van suksesse.

As 'n mens na die landdroskantoor in Mitchells Plain gaan, sal jy vind dat 60% van sake uitgegooi word as gevolg van 'n gebrek aan inligting. 'n Mens sal ook by hierdie landdroskantoor vind dat 'n aantal sake ondersoek word deur mense wat nie 'n woord isiXhosa kan praat nie, maar hierdie mense gaan stel ondersoek in in sake oor mense wat net isiXhosa kan praat. Hoe kan hulle verwag dat daardie mense moet bereik wat sogenaamd die doelwit is?

Die stasiekommissaris het ook daarop gewys dat 'n aantal senior beamptes eenvoudig soggens inklok en dan vertrek. Hulle keer weer om 17:00 terug om uit te klok. Dan is daar gedurende die dag geen voertuie nie. Die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid het R1 miljoen bestee aan ondersoeke na die moorde tydens die taxigeweld, terwyl die belastingbetaler se geld deur senior beamptes gebruik word wat hoofsaaklik wit is en wie geen belang hoegenaamd in ons swart gemeenskappe het nie.

Mnr die Speaker, as 'n mens na Philippi toe gaan, sal jy vind dat 12 mense elke maand sterf - hulle word gedood - weens skietwonde. As 'n mens die senior beamptes daaroor invra, s hulle dat dit normaal is. As 'n mens egter na Durbanville en Bellville gaan en geweerskote hoor, is dit abnormaal. Is dit 'n veilige provinsie?

Abraham Lincoln het ges, en ek haal aan:

You can fool all the people some of the time, and some of the people all the time, but you can not fool all the people all of the time.

[Tyd verstreke.]

*Mnr E ISAACS: Mnr die Speaker, laat my begin deur die agb Premier 'n gelukkige laat 60ste verjaardag toe te wens. Mag die Almagtige hom vir baie, baie meer jare spaar.

'n AGB LID: Is sy verjaardag laat of is jou wense laat?

Mnr E ISAACS: Die agb lid is op sy verkeerde mening geregtig.

Mnr die Speaker, daar is 'n ernstige toename in misdaad in ons townships, veral onder ons jeug. Die baie jong seuns en meisies wat die een of ander soort sport moet beoefen, pleeg nou alle soorte misdaad. Indien hierdie neiging voortduur, sal dit 'n rampspoedige uitwerking op die ekonomie van die Wes-Kaap h. Ons almal weet dat die Wes-Kaap op die kruin van die golf ry met betrekking tot toerisme en 'n baie ... [Tussenwerpsels.] Ek sal dit weglaat. Hierdie misdaadgolf ... [Tussenwerpsels.] Daar is mense wat bo woon. Hierdie misdaadgolf moet ten alle koste gestuit word. Die Wes-Kaap kan nie toelaat dat dit voortduur nie.

Ek glo - trouens, ek weet - dat indien sport effektief in ons skole heringestel word, dit die einde van misdaad in ons gebiede kan beteken. Al ons groot sterre wat op ons sportvelde skitter, het deur die skoolsportstelsels gekom.

Die Benni McCarthys en die Quinton Fortunes, om net twee wreldklas-spelers te noem, skitter nou op sokkervelde oorsee. Hulle, en so baie ander sportmense, het almal deur ons skoolsportstelsel gekom. Dit bewys weer eens wat 'n belangrike rol sport in 'n jong mens se lewe speel.

Mnr die Speaker, sport leer die kind om sosiaal te wees; dit leer die kind om stiptelik te wees; en dit leer die kind om onderdanig, respekvol en verdraagsaam te wees. Hierdie hoofgedragsdimensies wat ek so pas genoem het, is baie belangrik om die holistiese sportpersoon teweeg te bring en om ook 'n verantwoordelike volwassene teweeg te bring.

Ek wil ook die agb Premier met sy Openingsrede aan die Parlement gelukwens. Die visie van die agb Premier van 'n veilige en welvarende provinsie waarin niemand agtergelaat word nie en waar elke burger toegang tot die geleentheid het om die lewensgehalte van sy of haar lewe te verbeter, moet deur alle politieke partye in die Huis gesteun word.

Ons is 'n veelrassige en multikulturele provinsie en ons moet nooit toelaat dat ons ryke diversiteit 'n verdelende faktor in ons gemeenskappe word nie. Die veiligheid van die mense van die Kaapse Vlakte moet nie verpolitiseerd word nie.

Mnr die Speaker, ek is weer eens bly om die aankondiging te doen oor die 19 munisipaliteite wat R1,3 miljoen vir sportprojekte ontvang het en die agb Minister van Vervoer, Sport en Ontspanning moet weer eens bedank word vir die toewysing van hierdie baie noodsaaklike fondse. Ons bedank hom almal vir hierdie groot gebaar.

Ek wil afsluit deur te s dat die groot leierskap van ons agb Premier en die toewyding van die agb Minister van Vervoer, Sport en Ontspanning net goed beloof vir alle sportmense van die Wes-Kaap.

*Mnr M L FRANSMAN: Mnr die Speaker, dit is inderdaad 'n eer en 'n voorreg om aan hierdie baie interessante en komplekse debat deel te neem. Dit is nie interessant en kompleks as gevolg van die toon wat die agb Premier en die agb DA-lede in die Huis aangehef het nie. Dit is ook nie interessant en kompleks as gevolg van wat die DA s nie, maar as gevolg van wat hulle voornemens is.

Hierdie voornemens het oor die afgelope twee dae baie duidelik geword. Hulle wil die Wes-Kaap 'n eiland maak en die persepsie vestig dat wit goed is en swart sleg is. Hulle s dat sedert die 1994 demokratiese verandering in Suid-Afrika alles verkeerd geloop het en dit word verder gevoer wanneer agb lede aan daardie kant van die Huis oor die goeie ou dae praat.

Mnr die Speaker, ek wens die DA geluk dat hy die Unistad verower het, soos dit so welsprekend deur die meeste DA-sprekers beklemtoon is. Dit was die agb Minister van Gesondheid wat gepraat het oor die feit dat verkiesings rondom persepsies en nie feite draai nie. Dit is so waar. Ek wens dus die beeldpoetsers van die DA geluk dat hulle die mense mislei het.

Die strategie van die DA in die onlangse plaaslike owerheidsverkiesings het niks te doen gehad met kwessies van plaaslike regering nie. Hul strategie was gebaseer op wat die NP so effektief voor 1994 gedoen het, en dit was om die rassekaart te speel. Die les vir die DA in 1999 was dat hulle nie hul kernkieserskorps so ver gekry het om te stem nie. Hulle moes toe hul strategie aanpas en hulle het rassisme hierdie keer effektief gebruik. Hulle moes die regte taktiek ontwerp wat die wit kiesers op loop sou jaag. Hulle moes hulle bevrees maak, en wanneer mense bevrees is, doen hulle snaakse en onverantwoordelike dinge. [Tussenwerpsels.] Ek kan 'n paar voorbeelde gee. Die radio-advertensies deur die DA het met luide sirenes impliseer dat indien 'n mens nie stem nie, die kaffers die Wes-Kaap sou regeer. Plaaswerkers is deur boere op vragmotors gery om te gaan stem, en grootskaalse intimidasie het plaasgevind. Hul troefkaart ...

Mnr R J KING: Mnr die Speaker, op 'n punt van orde: ek is nie seker of ek reg gehoor het nie, maar ek dink die agb lid mnr Fransman het 'n woord gebruik wat nie in die Huis toelaatbaar is nie.

Die SPEAKER: Orde! Dit hang af van die verband waarin 'n agb lid so 'n woord gebruik. As die agb lid mnr King hom wil uitspreek teen die negatiwiteit daarvan, kan die Stoel dit nie buite orde rel nie. Die agb lid mnr Fransman maak 'n bewering daaroor, wat sy standpunt is, en die Stoel kan nie daaroor 'n uitspraak lewer nie. Die agb lid mnr Fransman mag voortgaan.

Mnr R J KING: Mnr die Speaker, op 'n verdere punt van orde: mag ek my daaroor uitspreek? Ek kan my nie herinner dat die DA ooit 'n advertensie gebruik het ...

Die SPEAKER: Orde! Die agb lid mnr King is buite orde om dit te verduidelik of om dit te probeer goed maak. Wil hy 'n saak uitmaak dat dit 'n onwaarheid is? Ek sal hom nog hoor, maar ek waarsku hom dadelik dat hy op die oomblik nie 'n punt van orde kan gebruik om 'n teenargument te gee nie.

Mnr R J KING: Mnr die Speaker, u het 'n punt gemaak wat in werklikheid vir my klink asof u s dat as die agb lid mnr Fransman 'n voorbeeld wou genoem het van 'n negatiewe ding wat gebeur het en dit het nie gebeur nie, dit 'n onwaarheid is. Met ander woorde, hy het sy eie situasie geskep; hy het nie 'n voorbeeld gemaak van wat werklik in die verkiesing gebeur het nie en hy het die woord ...

*Mnr P C MCKENZIE: Mnr die Speaker, dit is nie 'n punt van orde nie.

Die SPEAKER: Orde! Ek het genoeg van die agb lid mnr King gehoor om daaroor te kan beslis. Dit is sy weergawe daarvan, en net so is die agb lid mnr Fransman ook geregtig om sy weergawe uit te spreek. Ek kan dit dus nie buite orde rel nie. Die agb lid mnr Fransman mag voortgaan.
Mnr M L FRANSMAN: Mnr die Speaker, dit is baie duidelik dat die agb lid mnr King nie weet wat die woord "impliseer" beteken nie. Dit is die woord wat ek gebruik het.

*Mnr die Speaker, die Huis kan duidelik sien dat dit inderdaad die DA se strategie was om die veldtog te rassialiseer. En, ja, die ANC het wel die rassistiese en verkeerde praktyke beklemtoon wat steeds dominant op plase en plattelandse dorpe in die Wes-Kaap is. Die agb lid mnr Gelderblom is verkeerd. In teenstelling met wat hy glo, het dit vir die ANC gewerk.

Gister het ons van die agb lid me Rossouw gehoor dat die ANC klaaglik verloor het en net een distriksraad verower het. Dit spyt my om haar teleur te stel, maar die verkiesingsuitslae toon dat hul analise eng is en die feite verdoesel. Laat my dit verduidelik. Meer as 50% van al die munisipaliteite in die Wes-Kaap, en daar is 25 van hulle, het rade geword waar geen party 'n meerderheid gehad het nie. Wat interessant is, is dat die ANC meer stemme as die DA in die meeste van di rade ontvang. [Tussenwerpsels.] Dit was slegs deur middel van onderduimse transaksies, omkopery en ander snaakse maniere ... [Tussenwerpsels.] ... dat die DA die beheer van sommige van di rade verkry het. [Tussenwerpsels.]

Laat my die Weskus as 'n voorbeeld stel. Daar is vyf munisipaliteite, en in drie van hulle het die ANC meer stemme as die DA gekry. Ek gaan nie op die besonderhede hiervan in nie. [Tussenwerpsels.] Nog interessanter, by die Cederberg Munisipaliteit was daar een UDM-raadslid wat, tot Desember toe, met ongeveer R7 000 by die munisipaliteit agterstallig was, en hy was werkloos. Snaaks genoeg is sy agterstallige geld skielik betaal. Wie het dit betaal? 'n Mens kan dit begin bevraagteken. [Tussenwerpsels.] Die Weskus wys dus duidelik, vir die inligting van die agb lid me Rossouw, dat die ANC voorloop en dat die DA agter is. Sy moet hierdie spasie in 2004 dophou.

Mnr die Speaker, ek wil kortliks die onderwyskwessie behandel. Die agb Premier en die agb Minister van Onderwys het gepraat oor die 80%-slaagsyfer, en ek dink my kollega die agb lid mnr Gabru het daarna verwys. Ek het ook 'n analise van die Vredendal- en Clanwilliam-situasie gemaak. Slegs 8 uit 140 studente by die Vredenburg Sekondre Skool het met matriekulasievrystellings geslaag. Die Clanwilliam Sekondre Skool het 'n 72%-slaagsyfer, maar slegs 10 studente het met vrystellings geslaag.

Ek het geanaliseer wat die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid en die agb Minister van Onderwys in die Huis ges het. Hulle het ges dat alles in onderwys in orde is en dat dit in die Wes-Kaap in orde is. Daardie benadering herinner aan die rassistiese houding van mnr Verwoerd in sy toespraak in 1953 oor die Bantoe Onderwyswet toe hy ges het, en ek haal aan:

We should not give the natives an academic education as some people are prone to do. If we do this ... who is going to do the manual labour in the country?

Ek wonder waar die agb lid mnr King daardie tyd was. Mnr Verwoerd het ten minste nie net hierdie dinge gedink nie, maar hy het die oortuiging gehad om dit te s. Ek wonder hoe baie van ons vandag die oortuiging het om dit te s. [Tussenwerpsels.]
Mnr die Speaker, ek wil ten slotte die kwessie van landelike ontwikkeling behandel, wat die vierde prioriteit van die agb Premier was. Toe hy aanvanklik daaroor begin praat het, het ek opgewonde geraak, maar toe hy dit net op 'n baie eng manier behandel het met betrekking tot plaaswerkers en hul kinders, het ek ontnugter geword. Hy het voorts ges, "'n Werkskeppingsoudit sal in plattelandse gebiede gedoen word ...". Toe ek dit hoor, was ek met afgryse vervul, omdat die agb Premier duidelik moet weet dat so 'n oudit sonder 'n plan niks beteken nie. Hierdie Regering het 'n geskiedenis van dat hy idees sonder enige planne het.

Ek het gister na die hardvogtige reaksie van die agb Minister van Landbou, Eiendomsbestuur en Werke oor die Elsenburg-probleem geluister. Hy het ges dat hy sou voortgaan om die werkers uit te sit. Dit was duidelik dat die agb Premier se woorde, "Daar is nie een mens in ons provinsie wie se bekommernisse nie my bekommernisse is nie", nie vir die mense van Elsenburg bedoel was nie, of moet 'n mens aflei dat die woorde "al die mense" nie die kleurlinge en swartmense insluit nie?

Die krisis in die landbousektor in die Wes-Kaap is 'n uiters komplekse een, en wat nodig is, is 'n baie meer strategiese en gentegreerde benadering tot landelike ontwikkeling. Ons het dus hierdie jaar gedentifiseer as die jaar om op volgehoue landelike ontwikkeling en stedelike hernuwing te konsentreer.

Laat my verwys na die probleme, die krisis in landbou in die Wes-Kaap. Ek wil hulle breedweg kontekstualiseer deur hulle met globalisasie en verwante probleme in verband te bring, en die uitwerking beskryf wat dit op landbou gehad het. Terwyl daar deregulasie van die sektor op die nasionale vlak is, is daar baie meer regulering op die globale vlak. Onbehoorlike bestuur van sake deur die boere het die krisis verdiep. Pryse is laag weens die oorproduksie van appels en wit wyn. In baie gevalle is die gehalte van hierdie produkte sleg. Boere gaan voort om meer skuld te maak en dit veroorsaak bankrotskap. 'n Studie het getoon dat die landbouskuld in Worcester by net een bankinstelling ongeveer R0,5 miljard is.

Die reaksie van die georganiseerde landbou sowel as die DA is duidelik nie korrek nie aangesien hul enigste reaksie is om plaaswerkers uit te sit, deur meer van kontrakwerkers gebruik te maak en om die bedryf te meganiseer. Wat ons nodig het, is 'n meer langtermyn strategie oor nuwe nisprodukte en gehalte. Die kennis van werkers moet waardeer word, en daar moet meer in hul kundigheid en vaardighede bel word. Dit alles moet plaasvind met volle kennisname van die bestaande patrone van grondbesit en 'n plan om dit reg te stel.

Mnr die Speaker, ek wil afsluit deur te s dat ons as die ANC glo dat die landbou 'n ho indiensnemingsektor kan en moet wees. Ons moet dit verbind met die seevisserybedryf in die Wes-Kaap, veral om 'n lewensvatbare bedryf en 'n lewenslyn aan bestaans- en "artisanal"-vissersgemeenskappe te verseker.

Dit kan alles verwesenlik word deur die ANC as die enigste regmatige en toegewyde party te posisioneer, wat saam met die nasionale Regering sal veg om hierdie kwessies aan te spreek. Dit is noodsaaklik sodat al ons mense in die Wes-Kaap - kleurling, Indir en swart - werklik kan voel en glo dat hulle nie deel is van die "ons" in die gedig van Adam Small nie, waar hy s dat "... die dice het verkeerd geval vir ons", wat die kwessie is wat die agb lid me Rossouw geopper het.

Mnr N M ISAACS: Mnr die Speaker, ek kan nie my ore glo nie. Die agb lid mnr Fransman is nie die man wat ons ken nie. Ek wonder wat gebeur het. Hy het wel hier en daar 'n punt aangeraak.

Ek kan sien die ANC het kongres gehou, want een en almal praat oor die rassekaart. ANC-spreker na ANC-spreker het sy kommer uitgespreek oor die rassekaart. Ek kan hulle verseker die verkiesing het nie oor die rassekaart gegaan nie. Voordat ek daarby kom, wil ek eers my bydrae tot die debat oor die Openingsrede van die Premier lewer.

*Mnr die Speaker, ek wil die agb Premier en die Kabinet gelukwens met die wyse waarop die DA die Wes-Kaap regeer het en ek wil hulle ook gelukwens met hul plaaslike verkiesingsoorwinning, veral met die neem van die beheer oor die Unistad. Ek wil ook daardie kant van die Huis bedank vir hul gelukwense. Dit spreek van uitstekende leierskap en 'n gedugte spanpoging.

Dit is direk toeskryfbaar aan nege oorhoofse doelwitte. Dit is ook uiters bemoedigend om kennis te neem dat die Provinsiale Regering gepoog het om hierdie doelwitte gestand te doen in hul aansoek vir die departementele begrotingbewilligings en beplanning om die nege provinsiale strategiese resultate te bereik wat in 1999 geformuleer is. Mnr die Speaker, die nege doelwitte is die maatstawwe waaraan die Regering en die Kabinet gemeet moet word om te sien of hulle hul verpligtinge in ooreenstemming met die nege doelwitte nakom.

Een doelwit is die skep van 'n veiliger omgewing vir die mense - ons kan nie hier opstaan en s dat niks gedoen is nie. So baie is ges oor die beveiliging van die omgewing.

Dan is daar die skep van 'n omgewing wat geskik is vir ekonomiese groei. Daar is so baie bewys daarvan dat die agb Premier die PMR-toekenning ontvang het. Trouens, hy het in die onlangse verlede 'n aantal toekennings ontvang.

Nog 'n doelwit is om die verspreiding van MIV en tuberkulose te beperk. Wie s dat die DA-kabinet beskuldig staan dat hy dit nie gedoen het nie?

'n Verdere doelwit is om die armes van die provinsie deur middel van die verskaffing van basiese dienste te bemagtig. Ons sal sien hoe dit werk wanneer dit by die Unistad kom. Baie is reeds in plek. Hou ons net dop, of, soos hulle s, hou hierdie spasie dop!

Om die gehalte en toeganklikheid van dienste wat deur die Provinsiale Regering gelewer word, te verbeter, is nog 'n doelwit. Ja, ons het genoeg bewys dat dit gedoen is.

Ek kan deur hierdie lys gaan en s dat hierdie nege doelwitte die maatstaf sal word waaraan die Regering gemeet kan word. Tot dusver het hulle niks gehad om oor skaam te wees nie. Wat hulle van plan was om te doen, het hulle geslaag om te doen.

Mnr die Speaker, die laaste doelwit is om die provinsie as die poort tot Afrika te bemark. Ons het dit ondervind; ons was die poort tot Afrika en almal was daarby betrokke. Ons marsjeer beslis voort en ons gaan beslis sukses behaal.
Meneer, tydens die verkiesingsveldtog het ons 'n slagspreuk gehad wat lui, "Die DA is bo-op die perd en die ANC sit op die stert". Hulle sit op die stert. Wat hulle ook al doen, die uitslae bewys hulle sit op die stert.

Mnr die Speaker, die ekonomie bewys dit wat regdeur die Openingsrede van die agb Premier na vore gekom het, dit is definitief 'n geval van die hand daarop hou. Al die Wes-Kaapse departemente het wonderlik presteer. In gevalle waar hulle nie presteer het nie, kan ek nie 'n vinger na enigeen van hulle wys nie.

Meneer, ek wil vervolgens praat oor die toespraak van die agb lid mnr Ozinsky. Hy s ons moet dink aan nasievorming en dit probeer toepas. Ek wil van hom weet of 'n lid van sy familie, of dalk sy pa, 'n polisieman was. Ek weet nie waarom hy skaam is, bang is, dit probeer wegsteek en anders probeer voorgee nie - as 'n mens blank is, is jy blank. Wat maak dit nou saak? Maar die agb lid probeer nou sy handjies wit maak; hy probeer homself verskoon as hy s hy het nie aan apartheid deel gehad nie. Hy het sy deel gehad, so laat dit daar. Ons moet vorentoe gaan. Ons kan nie die verlede regmaak nie. Wys my die man en vrou met die moere en skroewe wat die verlede kan regmaak. Ons strewe moet op die toekoms gerig wees.

Elke keer as die agb ANC-lede in hierdie Huis kom, word dieselfde kaart gespeel. Elke keer hoor ons as iemand aan hierdie kant van die Huis sit, moet hy skuldig wees, moet hy s hy is jammer en allerhande verskonings maak omdat hy blank is, omdat hy lid van die NNP is of vir waar hy tydens die struggle was.

As ek dinge uit my laai kan uithaal, dan vra ek vir agb lede aan daardie kant van die Huis wanneer hulle om verskoning gaan vra vir die Quattro-kampe. Wanneer gaan hulle om verskoning vra aan daardie ouers wat nog nooit weer hul kinders gesien het wat in die Quattro-kampe was nie? Hulle swyg soos 'n graf. Geeneen het al hier opgestaan en ges dat hulle, as lede van die ANC, jammer is vir die halssnoermoorde nie. Nogtans wys hulle keer op keer vinger na hierdie kant van die Huis.

Mnr R J KING: Vra vir hom waar hy was.

Mnr N M ISAACS: Meneer, hy s hy was in die struggle. Hy moet nog vir ons s in watter struggle hy was.

Mnr R J KING: Nee, hy is te jonk.

Mnr N M ISAACS: Hy is te jonk, natuurlik! Hoe kan hy hier kom en van die struggle praat? Hulle gaan lees die geskiedenis van wat gebeur het en kom praat dan hier oor die struggle.

Ons het hierheen gekom om 'n beter provinsie vir ons mense te skep. Dit help nie hulle kom hierheen en praat oor die nasionale Regering se uitslae nie. Hulle moet vir ons die uitslae van hierdie Provinsie bring. Mense het van een party na 'n ander party gespring.

Kom ons kyk wat het in die agb lid mnr McKenzie se kiesafdeling gebeur. [Tussenwerpsels.]

Mnr R J KING: Het jy dit hier?

Mnr N M ISAACS: Ek het dit hier. Kom ons kyk daarna. Meneer, kom ons kyk eers na die uitslae van Wyk 6, die wyk waar die agb lid mnr McKenzie woon. In Wyk 6 het die ANC 46 stemme gekry. [Tussenwerpsels.]

Mnr R J KING: Is dit 46%?

Mnr N M ISAACS: Nee, dit is 46 stemme ...

Mnr R J KING: Stemme! [Tussenwerpsels.]

Mnr N M ISAACS: ... - 4,46% van die stemme. [Tussenwerpsels.] Die stemlokaal was nie ver van sy huis nie. [Tussenwerpsels.] Dit wys nou net. Hy woon in daardie gebied - en ek wil h die beeldpoetser moet daarvan kennis neem. As ek in 'n gebied woon, word daar verwag dat ek in daardie gebied my deel sal bydra om my party in 'n beter lig te stel. In Wyk 6 het die kandidaat van die DA 91% van die stemme gekry.

Kom ons kyk hoe die man gevaar het van wie die agb lid mnr McKenzie nog al die jare nie hou nie, Basil van der Ross. [Tussenwerpsels.] Ja, die agb lid mnr McKenzie het vir hulle belowe hy sal Bonteheuwel met hom saamneem. Hy het die aand die bus volgepak en Bonteheuwel toe gegaan, en wat gebeur toe?

*Mnr G R STRACHAN: Die bus het gebreek.

Mnr N M ISAACS: Die bus het nie gebreek nie. Die ANC kry toe in Wyk 32 21,45% van die stemme, en Basil van der Ross - daardie agb lid ken hom baie goed - die kandidaat van die DA, 69,85%. [Tussenwerpsels.]

Die agb lid mnr McKenzie was in en uit in Bonteheuwel. Hy het die geld van die party uit die boeke onttrek - ons soek nou nog na die bankboek. Hy wou die stoele gaan haal het wat die lede van die party self gekoop het uit fondse wat hulle met hul kerrie-aande ingesamel het. Hy wou alles vat. Hy hou kerk in die gebied. Hy is elke Sondag in die gebied. Dit is waarom die mense in Bonteheuwel vir hom s hy is nogal gelukkig dat hy 21% van die stemme kon trek.

Mnr die Speaker, ek wil nog 'n statistiek noem. Ek wil h die agb Leier van die Opposisie moet kyk wat sy mense doen en seker maak of hulle regtig ernstig is in hulle doen en late. Ek het hierdie statistiek deurgewerk. In elk van daardie gebiede bespeur 'n mens die powere pogings wat die ANC-lede in die verkiesingsveldtog aangewend het. By die stemlokale het hul stemme verwerf; stemtotale soos 4,15%, 18%, 13%, en nou is ek by hul totale stempersentasie by Sarah le Fleur in Elsiesrivier. Ek weet nie wat die agb lid me Vantura daar gedoen het nie. Terwyl ons kandidaat, mnr Frans Pietersen, 76% van die stemme getrek het, het haar kandidaat 13,25% van die stemme getrek. [Tussenwerpsels.]

As dit is wat hulle met die rassekaart, die kleurkaart regkry, moet hulle daarvan vergeet. Die kiesers is verby daardie stadium. Die kiesers dink nie meer daaraan nie. Die kiesers soek na 'n ordentlike lewe. Hulle kan nou maar hul rassekaart los en ophou om op kleur te sinspeel. Ek gee hul beeldpoetser die versekering dat dit nie werk nie. Hulle het hul rassekaart deurgaans in hul verkiesingsveldtog gebruik.

Meneer, reeds met die afbakening van wyke het hulle my belowe dat hulle die Unistad gaan wen, en daardie agb lid was toe saam met hulle daar by die stadsraad. Foeitog, en hulle het net 77 lede in die Unistad. En dan probeer hulle nog altyd hier groot gewag maak.

*Die agb lid mnr Stali is 'n goeie heer. Daar is baie wat hy kan leer. Ek waarsku hom om versigtig te wees dat hulle hom nie vergiftig nie. Hy is jonk. Ek raai hom aan om sy eie kop te volg.

Mnr die Speaker, ek is trots om 'n lid van hierdie kant van die Huis te wees.

*Me M G VANTURA: Mnr die Speaker, ek is 'n trotse lid van die ANC aan hierdie kant van die Huis.

Ek wil al die leerders gelukwens wat hul matriekeksamens in die jaar 2000 geslaag het. Ek wil ook al die onderwysers bedank wat so fluks gewerk het om die beste aan ons kinders te gee om hulle vir die toekoms voor te berei - soms onder baie moeilike omstandighede.

Dit maak egter vir my nie sin wanneer ek drie jong meisies om 10:00 in Elsiesrivier in hul skooluniforms sien rondloop nie. Dit is 'n baie gevaarlike situasie vir hulle om in te wees omdat hulle aangeval of ontvoer kan word. Ek het hulle genader en hulle gevra waarom hulle op straat rondloop - dit het twee weke gelede gebeur. Hulle het toe aan my verduidelik dat hulle uit hul klaskamers gestuur is omdat hul ouers nie hul skoolgeld betaal het nie. Ek het gedink dat daardie meisies waardevolle opvoedingstyd misloop.

Mnr die Speaker, die Grondwet beskerm die regte van die kind, maar in hierdie provinsie is voorkeurbehandeling steeds aan die orde van die dag, soos dit in die ou apartheidsdae was. Die DA moet volle verantwoordelikheid vir optrede soos hierdie neem. Hulle weet dat werkloosheid die hoofoorsaak van die nie-betaling van skoolgeld is en dat optrede wat leerders toegang tot opvoeding onts, onaanvaarbaar is.

Mnr die Speaker, hoe kan ons voortgaan om oor 'n 80%-matriekslaagsyfer te spog wanneer insidente soos hierdie steeds 'n algemene verskynsel is? Dit gebeur daagliks. Op 'n daaglikse basis kom ouers, en selfs kinders, na ons kantore en vra dat ons hulle moet help omdat die kinders toegang tot 'n bepaalde skool geweier is.

Ek het daardie meisies terug skool toe gestuur met 'n brief en 'n afskrif van die Skolewet om aan die prinsipaal te oorhandig. Hulle het nie na die kantoor teruggekeer nie. Ek dink die prinsipaal het die boodskap gekry.

Mnr die Speaker, 'n mens sal nooit leerders vind wat gedurende skoolure in die bevoorregte gebiede rondloop en waardevolle opvoedingstyd misloop nie. Ons agb Minister van Onderwys is opgewonde oor tyd op taak, dat kinders in die klas moet wees en dat onderwysers onderwys moet gee, en sy is kwaai as dit nie gedoen word nie. Tog vind ons dat insidente soos hierdie plaasvind. Ek vind dit onaanvaarbaar. [Tussenwerpsels.] Dit maak nie saak nie; die DA regeer hierdie provinsie. [Tussenwerpsels.] Die DA regeer hierdie provinsie. [Tussenwerpsels.] Die DA regeer hierdie provinsie.

*Die MINISTER VAN FINANSIES, BESIGHEIDSBEVORDERING EN TOERISME: Moet asseblief nie jou waardevolle tyd mors nie.

*Me M G VANTURA: Nee, ek mors nie tyd nie; die agb Minister mors waardevolle tyd. Die agb Minister van Onderwys mors die kinders se tyd deur nie toe te sien dat prinsipale hulle werk doen nie en dat die bestuursliggame van skole werk soos hulle moet nie. [Tussenwerpsels.] Dit is haar werk; sy moet dit doen. Die bestuursliggaam van die skool moet dit doen en dit is haar werk om toe te sien dat hulle dit doen. [Tussenwerpsels.] Moet nie weghardloop nie en moet nie elke keer na die nasionale Regering hardloop nie.

Mnr die Speaker, ek wil beaam wat die agb lid me Brown gister ges het. Sy het baie bekommernisse oor vroue, kinders, die bejaardes en die gestremdes geopper. Ek hoop dat die voorstelle wat sy gedoen het, ernstig oorweeg sal word.

Ek het hierdie kwessie vantevore in die Huis geopper, maar ek wil dit weer vandag opper. As die Provinsiale Regering moet ons die vertroue van al die armes terugwen, en ons moet nou met NROs saamwerk indien ons betekenisvolle verandering wil sien, veral in die lewens van vroue en kinders. Die NROs in die provinsie het die vertroue, die kapasiteit en die integriteit om duisende mense elke dag te bereik. Ons moet aan hulle, sowel as aan die honderde vrywillige werkers wat dag na dag in die veld is, die krediet en die steun gee wat hulle toekom.

Ons in die ANC is die mense wat daagliks die basiese bekommernisse van die mense aanhoor - nie net gedurende verkiesingstyd nie. Ons help hulle met behuisingsprobleme, uitsettings ... [Tussenwerpsels.] ... - ek kom daarby - onbillike afdankings, arbeidspraktyke, en probleme met betrekking tot maatskaplike welsynstoelaes, en ons is selfs in die hof wanneer kindermolesteerders of vrouemishandelaars in die hof verskyn.

Ons sien nooit NNP-mense daar nie - hulle is nooit daar nie.

*Die MINISTER VAN FINANSIES, BESIGHEIDSBEVORDERING EN TOERISME: Ons is die DA.

*Me M G VANTURA: Ja, ons sien nooit die DA daar nie - maar ons is daar.

Wanneer die verkiesings kom, jaag mense soos die DA ons mense die skrik op die lyf om hulle van die ANC weg te hou. Ons moet nie oor rassisme praat nie - hulle wil nie h ons moet dit doen nie - en die rassekaart word weer eens op 'n baie subtiele wyse gespeel. Die verskriklikste rassistiese slagspreuke, soos, "Hou die ANC uit", word gebruik, en verskriklike en afskuwelike radio-advertensies waarin gensinueer word dat die ANC verkragters, moordenaars en straatrowers is - of, ten minste sodanige optrede deur mense goedkeur - word elke dag gehoor.

Mnr die Speaker, ons sien hulle nooit nie. Mense in die townships weet nie eens wie die raadslede is nie. Hulle sien hulle nie vir vyf jaar lank nie; hulle is nooit daar nie. Die NNP-kantoor in Elsiesrivier is gesluit, maar 'n maand voor die verkiesings word dit geopen en sien 'n mens aktiwiteit daar. Dit was toe. Hulle het mense die skrik op die lyf gejaag.

Maar ons is daar en ons sal steeds daar wees. Soos die agb lid mnr McKenzie ges het, "We will be there for our people; every day of the week we will be there for them." [Tussenwerpsels.] Ons sal daar vir hulle wees; ons sal oorleef en ons sal wen. Selfs al is dit nie nou nie, ons sal wen. Die mense sal besef dat daardie party hulle op sleeptou neem en hulle as verkiesingsvoer gebruik. Hulle behoort hulle te skaam. [Tussenwerpsels.] Hulle behoort hulle te skaam. Per slot van rekening, mnr die Speaker, die ANC het 'n boodskap van hoop en transformasie vir die verkiesings gehad en nie een van verdoeming en somberheid nie.

Die MINISTER VAN PLAASLIKE REGERING EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING: Mnr die Speaker, baie dankie vir die geleentheid om aan die debat deel te neem. Ek wil graag die agb Premier gelukwens met sy Openingsrede.

Mnr die Speaker, ek wil op een punt konsentreer wat die agb Premier uitgelig het, en dit is samewerking met ander sfere. Ek dink dit is belangrik dat ons vandag kortliks daarby stilstaan en kyk hoe ons daardie samewerking in Suid-Afrika, en in die besonder in die Wes-Kaap, kan uitbou. Ek moet egter beklemtoon dat ons onsself nooit moet of kan beskou as 'n eiland in Suid-Afrika nie. Ongeag of dit Kaapstad of die Wes-Kaap is, ons is deel van Suid-Afrika en dit is baie duidelik dat ons deel van Suid-Afrika wil wees en wil bly.

Toe die agb Premier sy visie uitgespel het, het hy ges dat ons deur samewerking goeie dienslewering wil verkry en dat ons ook die verskillende beleidsrigtings van plaaslike regering, die nasionale Regering en ook die Provinsiale Regering bymekaar wil uitbring, sodat ons gesamentlik die visie van verbeterde dienslewering en dienskwaliteit kan aanspreek.

Ek wil graag verwys na die aanloop tot die verkiesing, waar ons werklik gepoog het om samewerking te kry met verskillende instellings in Suid-Afrika, en in die besonder in die Wes-Kaap. Dit is belangrik dat ons ook vandag moet kyk na wat wel gedoen is en nie net praat oor dit wat bestaan, wat ons gaan doen en waarna ons wel gaan kyk nie.

*Toe ek die Unistad-kommissie in November 1999 tot stand gebring het, en ook die Distrik-transformasieforums, was hulle in werklikheid daar om my oor die proses van transformasie van raad te bedien. Ons het 'n veelparty kommissie daar gehad wat betrokke was by die proses van raadgewing. Hulle het baie goed gedoen. Hulle het oor 'n periode van een jaar uitstekende werk gedoen en 'n goeie fondament gel vir die Unistad wat daargestel is en vir die werksaamhede wat daar aan die gang is.

Meneer, dieselfde kan van die Afbakeningsraad ges word. Baie mense kan dalk glo dat daar van ons kant af nie samewerking met die Afbakeningsraad was nie, en dat daar ook nie baie liefde vir hulle was nie. Ek moet dadelik s dat ek nie dink een party het werklik in totaliteit gekry wat hulle wou h nie. Wyke is ietwat snaaks gesny en selfs die grense in die Wes-Kaap is nie altyd afgebaken soos wat ons gedink het dit afgebaken moes word nie. Tog was daar goeie samewerking met die Afbakeningsraad, natuurlik binne die bestaande beperkings, en ons het uiteindelik 'n redelik goeie proses deurloop en die uitslag daarvan gekry.

Ek wil ook die OVK-lede bedank. Ons het baie nou met die OVK saamgewerk. Aan die een kant het ons met die Departement van Binnelandse Sake saamgewerk, waar ons gekyk het na die uitreiking van identiteitsdokumente aan die kiesers. Ek glo dit was ook 'n oop proses en het almal bereik. Aan die ander kant het ons ook met die OVK saamgewerk in die hele registrasieproses. Ek dink ons het 'n goeie fondament gel vir dit wat in die toekoms moet gebeur. In die toekoms moet dit nie weer so 'n gejaag wees nie, en ons moet nie na ses maande of 'n jaar voor die verkiesing kyk nie. Die proses moet voortgaan, en ons moet mekaar werklik daarin ondersteun. Ek dink dit is belangrik dat ons daarna kyk.

Die munisipale amptenare het ook baie goed gevaar. Hulle het gesorg vir die stabiele oorgang van plaaslike regering in die tyd toe daar geen raadslede was nie. Soos agb lede weet, het die oorgangsproses glad verloop en het dienslewering voortgegaan. Dit was ook 'n goeie aspek van samewerking.

*Ek wil ook vir Wekpro bedank. Hulle het 'n baie belangrike rol gespeel en hulle sal in die toekoms 'n baie belangrike rol speel. Hulle is verbind met Salga. Dit is die nasionale organisasie, terwyl Wekpro die Wes-Kaapse organisasie is. Ons kan baie vir plaaslike regering beteken deur ondersteuning, deur inligting en deur voortdurend die pad saam met hulle te loop, in die besonder in die Wes-Kaap, maar in die geheel in Suid-Afrika.

Laat ek verwys na wat na die verkiesing gebeur het, en 'n visie gee en dit koppel aan wat die agb Premier gevra het, inderdaad wat hy geis het, naamlik noue samewerking tussen die drie regeringsfere. Die eerste is die GOP-prosesse. Dit is baie belangrik dat ons almal 'n aktiewe rol speel, dat ons ons gemeenskappe aanmoedig om deel te neem aan die GOP-prosesse, omdat daardie prosesse uiteindelik ons begrotingsproses sal lei en, natuurlik, ons toekomstige dienslewering.

In hierdie verband gaan ons in die komende week duidelike riglyne gee vir 'n interim GOP, sodat ons dit gereed kan kry vir ten minste die eerste begroting wat met ingang van 1 Julie 2001 in plek moet wees. Dit is moeilik, maar ons het verskillende rade en ons moet ons GOP integreer. Ek dink nie dit gaan maklik wees nie. Dit gaan 'n uitdaging wees. Heel waarskynlik sal die gemeenskap nie volkome geraadpleeg word nie. Ek dink ook ons moet poog om by die gemeenskap uit te kom, al is dit in 'n beperkte mate.

Ons moet volgende jaar daarop voortbou om ordentlik gentegreerde ontwikkelingsplanne op die tafel te kry. Die Provinsiale Regering sal die nodige leiding gee en ondersteuning bied, en hopelik ook finansile ondersteuning bied.
 
Vervolgens wil ek na die departemente verwys. Ek moet onmiddellik na ons samewerking met die nasionale Minister vir Provinsiale en Plaaslike Regering verwys. Oor die algemeen het ons goed saamgewerk, en ek moet dit erken. Daar was nogtans leemtes waarna ek kortliks wil verwys. Toe ons egter met 'n krisis in die Wes-Kaap te kampe gehad het - dit was nie net 'n DP-, NNP-, DA- of ANC-krisis nie, maar rade wat 50:50 saamgestel was, en dit was 'n probleem - het ons sy samewerking gekry. Toe ek hom daaroor geskakel het, het hy ges ons moet na die regulasies kyk om te besluit wat moet gebeur en op watter manier ons dit verder kan voer. Hy het toe 'n regulasie afgekondig ingevolge waarvan ons dit met 'n lotstelsel kon bepaal.

Gelukkig was dit vir ons in die Wes-Kaap nie nodig om die lotstelsel te implementeer nie. Die partye hier kon ten minste in die meeste munisipaliteite daaroor onderhandel. In die verloop van sake het 'n belangrike element van dwingende samewerking na vore gekom tussen kollegas en munisipaliteite, wat besef het hulle moet plaaslike regering op die pad vorentoe plaas. In nie een van die gevalle was dit nodig om werklik 'n loting by die munisipaliteite te laat plaasvind nie.

Een van die aspekte wat my bekommer, is die doel en rol van Minmec. Ja, ons kan almal s ons was verlede jaar baie besig, maar Minmec het nie goed gefunksioneer nie. Dit moet ek dadelik s. Dit het gebeur dat 'n Minmec-vergadering 'n dag of twee voor die vergadering gekanselleer of uitgestel is. Ons het verskeie kere probleme met Minmec gehad. Juis as ons 'n nasionale strategie vir plaaslike regering in plek wil stel, moet Minmec behoorlik funksioneer.

Die proses van konsultasie van die kant van die nasionale Minister vir Provinsiale en Plaaslike Regering bekommer my ook. Ek wil een voorbeeld vir agb lede noem, en dit is die toelaes van raadslede. Drie dae voordat dit afgekondig is, op 1 Desember 2000, het hy my daaroor gekonsulteer, en dit op 4 Desember 2000 geproklameer. Dit het nie gewerk nie. Dit is jammer dat ons dit vir mekaar moet s. Ek wil 'n plek soos die Paarl uitsonder, waar die burgemeester voor die transformasie- en amalgamasieproses R105 000 per jaar ontvang het. R105 000 was nie baie geld nie, want die burgemeester het 'n sterk seremonile rol daar gespeel.

Na die verkiesings, met die nuwe rasionalisasie regulasie, bevind die burgemeester van die Munisipaliteit van Drakenstein, wat Wellington, die Paarl, Gouda en Saron insluit, hom in die posisie waar hy nou 'n seremonile en uitvoerende rol moet speel met 'n toelaag van R33 000. Dit werk net nie, daarom is daardie samewerkingskomponent iets waaraan hard gewerk moet word.

Alle kritiek wat gelewer word, is nie noodwendig afbrekende kritiek nie. Die ANC sal dit moet aanvaar, en in sekere opsigte ook die DA en die ander partye. Kritiek kan ook help om 'n proses te verbeter en te versterk.

Ons samewerking met plaaslike regering het verbeter, en ook in sekere opsigte na die verkiesing. In die metropolitaanse gebied is 'n helikopter nou op 'n 24-uur basis op bystand om enige veldbrand, en dit wat daarmee saamgaan, te beveg. Die Provinsie het R1,2 miljoen, wat die Parlement goedgekeur het, daarvoor bewillig, sodat daar ten minste altyd 'n privaat helikopter op bystand kan wees. Dit is 'n goeie voorbeeld van samewerking.

Mnr die Speaker, ek wil kortliks verwys na die huidige rade. Ons het min daaroor gepraat. Ek het verwag daar sal baie meer debat gevoer word oor die samestelling van die rade. Ons het die verkiesing van die Unistad-raad gehad, en daarna ook die verkiesing van die Uitvoerende Komitee. Ek moet onmiddellik s dat ek teleurgesteld is. Almal het geweet daar gaan 'n uitvoerende komitee aangestel word, maar 'n dag of twee voor die verkiesing van die komitee het die ANC ges hulle gaan nie in die Uitvoerende Komitee van die Unistad deelneem nie. Een van die redes wat hulle aangevoer het - en daar was verskeie redes - was dat hulle nie gaan deelneem nie omdat dit nie 'n uitvoerende burgemeesterstelsel is nie. Dit maak nie saak of dit 'n uitvoerende burgemeesterstelsel of 'n uitvoerende komiteestelsel is nie; as 'n party regtig wil wees waar die besluite geneem word, waarom dan nie deelneem aan die Uitvoerende Komitee nie? Dit is die een vraag wat ons vra.

Die tweede vraag wat ons vra - en ek gee vir agb lede die feite - is waarom hulle s hulle wil nie deel in die mislukking van die DA in die raad nie en hulle wil nie verantwoordelikheid aanvaar nie. As 'n party eerlik en opreg teenoor sy kiesers is, moet hy tog s hy het 'n mandaat gekry, en as die ander party dan so swak is, moet hy sy standpunt kan stel daar waar dit saak maak. Wat hulle nou gedoen het, is hulle het hulself uitgerangeer uit die Uitvoerende Komitee, waar dit saak maak, waar besluite geneem gaan word, en hulle gaan geen invloed op die proses h nie. As ek dit reg het, het hulle 77 setels in die metropolitaanse gebied gekry.

Ek moet die Huis ook inlig dat die ANC-lede nie met die situasie gelukkig was nie. Ek weet van ANC-lede wat 'n regsmening hieroor ingewin het. Natuurlik was die partydissipline sterk en het hulle opdrag gekry om dit daar te laat, en kon daar niks aan die situasie gedoen word nie. Dit is jammer om dit te s, maar die ANC-lede in die rade wou graag aan die Uitvoerende Komitee deelgeneem het. [Tussenwerpsels.] Hulle is verhinder deur nasionale en provinsiale ANC-lede om dit te doen.

Dit is baie jammer dat dit die situasie is. Ek sou soos hulle daaroor gevoel het. Hulle bevind hulle nou in die situasie dat van hul kollegas aan die ander kant van hierdie Huis sit en 'n redelike salaris verdien. Daardie persone is bloot vir die wolwe gegooi, en niemand het vir hulle omgegee nie. Die agb lid me Brown het weer teruggekom na 'n veilige posisie in die Huis. Dit is gedoen sonder enige gevoel vir daardie lede.

Wat vir my egter belangriker is, is die diens wat aan die gemeenskap gelewer word. Ons het verskillende klagtes ontvang en daar bestaan verskillende probleme. Hulle kla dat hulle nie kan deelneem nie, dat daar nie kantore beskikbaar is nie, en alles wat daarmee saamgaan. As 'n party hom egter vrywillig aan 'n proses onttrek, omdat, so lyk dit my, die lede nie van die demokrasie hou nie ... [Tussenwerpsels.] Die party het vrywillig onttrek. Ek was die oggend daar toe die verkiesing plaasgevind het, en hulle wou eenvoudig nie deelneem nie.

Ek dink hulle het daar hul kiesers sleg in die skande gesteek. Hulle het hul kiesers gefaal. As hulle vandag s die ANC gaan weer 'n sterk deurbraak maak in die Wes-Kaap, en veral in die Kaapstad-gebied, wil ek hulle verseker dat dit die een enkele faktor is waarmee hulle hulself in die voet geskiet het. Hulle sal nie 'n sterk deurbraak kan maak nie. Hulle sal nie in staat wees om te lewer waar hulle moet lewer nie, want hulle wil nie deelneem nie. Dit is jammer dat ek dit vir hulle moet s, want ek is seker dit is in hul eie geledere al hoeveel maal ges dat hulle hulself eenvoudig in die voet geskiet het. [Tussenwerpsels.] Ek weet nie wat in hul binnekringe bespreek word nie - dit is al wat ek kan dink bespreek word.

Meneer, ek kom nou by 'n volgende punt, en ek dink dit is 'n belangrike punt. Na my mening is die volgende rede waarom hulle nie wil deelneem nie, dat hulle gedink het hulle kan 'n baie sterk morele en moontlik ook wetlike punt maak, en dat hulle sodoende die DA in die ander provinsies kan uitsluit. Dit is presies wat hulle gedoen het. [Tussenwerpsels.] Hulle het dit eenvoudig daar gedoen.

Die DA s egter hy wil deelneem, want ongeag of die DA in die meerderheid of die minderheid is, hy kan 'n bydrae lewer. Ek het die idee gekry dat hulle dink omdat hulle in die minderheid is, hulle geen bydrae kan lewer nie.

Die groot probleem waarvoor ons vandag te staan kom, is of hulle onseker voel, of bedreig voel, en of hulle meen hulle sal hulself in 'n uitvoerende komitee nie werklik sal kan handhaaf nie, waar hulle werklik moet omgee vir die gemeenskap daar buite. Ek is jammer vir die kollegas wat daardie pad moes loop.

Mnr die Speaker, ek wil vanmiddag versoek dat ons kollegas werklik die uitdaging moet aanvaar. As ons na die ander munisipaliteite kyk - 'n paar munisipaliteite het tot gestand gekom, waarvan ongeveer vyf deur die ANC beheer word - vind ons dat dit in daardie munisipaliteite in die Wes-Kaap na twee maande van nuwe regering sleg gaan.

AGB LEDE: Ja!

Die MINISTER: Kyk wat het in Theewaterskloof gebeur. In Theewaterskloof word besluite teenstrydig met nasionale wette geneem. Dit is nie wette wat die Provinsie Wes-Kaap opgestel het nie; dit is nasionale wette. Hulle het magtigings en standaardverordeninge gegnoreer. Terloops, die burgemeester het sommer binne die eerste week die burgemeestersfonds gebruik en vir haar 'n aantal netjiese uitrustings op Worcester gaan koop. [Tussenwerpsels.] Dit is baie interessant dat sy Worcester toe gaan om sake te doen. Daardie agb lede weet dit. Hulle weet dat dit gebeur het. [Tussenwerpsels.] Hulle weet dat hul burgemeester die burgemeestersmotor Worcester toe geneem het om by 'n bepaalde winkel te gaan koop deur die burgemeestersfonds te gebruik. Dit weet hulle. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, dit is baie interessant dat daardie burgemeester op burgemeesterskoste in 'n restaurant gaan eet, maar dan nooi sy nie eens gaste saam nie. Dit is lekker om 'n burgemeestersfonds so te gebruik! Dit is 'n lekker manier van dinge doen.

Kom ons kyk wat gebeur op Plettenbergbaai en wat het daar gebeur. Hulle maak 'n groot saak uit vir personeellede. Op Plettenbergbaai het hulle egter dadelik vir dr Botha ges om sy goed te vat en te loop. Hy het geloop, en hulle het hom R750 000 gegee. Dit is R750 000 aan belastingbetalersgeld wat hulle gemors het.

AGB LEDE: Skande!

Die MINISTER: Mnr die Speaker, ek het hulle daaroor aangespreek, en gelukkig het hulle tot hul sinne gekom. Dr Botha begin op 1 Maart 2001 weer in Plettenbergbaai. [Tussenwerpsels.] Dit is ten minste iets wat sy gesien het. Daardie agb lid moes eintlik nie vandag in die Huis gesit het nie. As sy eerlik was teenoor die mense van die Kaapse metropolitaanse gebied, en met die beloftes wat sy gemaak het, sou sy in die Unistad gedien het saam met Mowzer en Mfeketo. [Tussenwerpsels.] Hulle moet nou die kastaiings uit die vuur krap. Sy sit gemaklik hier. Hulle moet vir daardie mense s wat sy kry. Hulle moet met R80 000 per jaar oorleef, en dit as gevolg van die besluite van daardie agb lede. [Tyd verstreke.]

Debat onderbreek.

Die Huis verdaag om 17:39 tot 9 Februarie 2001 om 08:00.


2146	DONDERDAG, 8 FEBRUARIE 2001



	DONDERDAG, 8 FEBRUARIE 2001	2145



2090	DONDERDAG, 8 FEBRUARIE 2001


